Sport
’n Balans tussen
maksimale
ontwikkeling en
genotvolle deelname
Menlo-sport bied die perfekte balans tussen deelname en prestasie. Hier het elke Menloparker toegang tot professionele afrigting en wêreldklasfasiliteite. Ons afrigters tree as mentors op die sportveld op en inspireer Menloparkers om die waardes van spanwerk, integriteit en ywer by elke oefening, byeenkoms en wedstryd na te streef. Op Menlo-bodem weet ons dat oorwinning die resultaat van toewyding en vasberadenheid is. Die lesse wat op die sportveld geleer word, strek verder as die baan en veld; daarom word elke Menloparker aangemoedig om sport te beoefen.
Swem
Atletiek & Landloop
Rugby
Netbal
Hokkie
Krieket
Tennis
Gholf
Bergfiets
Perdesport
Muurbal
Skaak