Skip to content

Inskrywings

Welkom by Menlo!

Elke groot verhaal begin met ‘n eerste stap en jou toekoms kan hier op Menlo-bodem begin. Die Hoërskool Menlopark is meer as ‘n skool – dit is die toetrede tot ‘n familie waar jy jou volle potensiaal kan ontdek, ontgin en uitleef.

Kom skryf saam aan die volgende hoofstuk van jou toekoms.

NUWE GRAAD 8’S (2027)

Alle nuwe Graad 8-leerders moet eers die Gauteng Departement van Onderwys se amptelike plasingsproses volg voordat toelating by die skool oorweeg kan word. Klik hier onder vir meer inligting rakende die proses en vereistes.

AANSOEKE: GR. 8 & 9

Hierdie aansoekproses is slegs van toepassing op leerders wat reeds in ‘n ander hoërskool is en by Die Hoërskool Menlopark aansoek wil doen.

AANSOEKE: GR. 10 & 11

Hierdie aansoekproses is slegs van toepassing op leerders wat reeds in ‘n ander hoërskool is en in graad 10 of 11 by Die Hoërskool Menlopark aansoek wil doen.

AANSOEKE: KOSHUIS

Ouers en voogde wat belangstel in koshuisverblyf vir hul kind, kan hier onder toegang verkry tot die koshuisaansoekvorm sowel as verdere inligting rakende verblyf en toeltingsvereistes.

AANSOEKE: DR. CAREL VAN DER MERWE BEMAGTIGINGSINISIATIEF

Respek, ywer, integriteit en lojaliteit is die kompas wat ons optrede by Die Hoërskool Menlopark rig. As een van die land se voorste akademiese instellings het ons waardering vir leerders wat dieselfde waardes nastreef.

Kry die Ed-admin toep

EXCELSA PETAMUS
Streef die hoogste na

Welkom by 
Die Hoërskool Menlopark

Jy begin binnekort met ‘n nuwe hoofstuk in jou verhaal. Ons is saam met jou opgewonde oor die vriendskappe en geleenthede wat op jou wag.

Die inligting hier onder sal jou help om voorbereid vir jou eerste dag as ‘n Parkie op te daag.

Ed-admin-toepassing

Ed-admin is die skool se kommunikasietoep.

Jou ouers aktiveer die toepassing sodra jy in Januarie by ons aansluit.

Kode: 599649.

Ouers kommunikeer deur middel van Ed-admin met leerders se vakonderwysers.

Handboeke

Handboeke en eerste skrifte word gratis aan elke Menloparker voorsien.

Leerders gee die handboeke aan die einde van elke jaar aan die skool terug.

Indien ‘n handboek wegraak, word die koste van die handboek (R300) van ouers verhaal.

Addisionele werkboeke word aangekoop en is die leerders se eiendom. Dit word op die skoolfondsrekening gehef.

Skooldrag

Besoek gerus die webblad vir ‘n volledige uiteensetting van die skooldrag.

Jy benodig gewone skooldrag sowel as uitgaandrag.

Skryfbehoeftes

Maak seker dat jou pennesakkie standaarditems soos ‘n blou pen, potlood, uitveër, liniaal, gom en skêr insluit.

In Wiskunde gebruik leerders die CASIO FX-82 ZA Plus Scientific Calculator.

Skooltas

Daar is nie ‘n voorgeskrewe skooltas nie.

Rugtasse met vakkies werk die beste.

Maak seker dat jou tas genoeg plek het vir al jou handboeke.

Jou eerste dag op Menlo-bodem

Meld asseblief om 07:15 by die kantoor aan.

Jou voogklas se Parkieraadslid sal jou by die kantoor ontmoet en jou na jou voogklas vergesel.

Me. Linelle Weyers sal sekermaak dat jy ‘n rooster en handboeke ontvang. Jou ouers laai jou na skool by die Rosemaryhek op.

Ons sien daarna uit om jou te ontmoet.

#myplekismenlo

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK