Skip to content

BERGFIETS: SA-Kampioenskap

VERVOER

KOSTES

ETES

BENODIGDHEDE

VRYWARING

Algemene inligting
Toerprogram
Datum

01/10/2026 - 03/10/2026

Plek
Stellenbosch
Verblyf
Seuns: Paul Roos Gimnasium Koshuis; Dogters: Bloemhof Meisieskool Koshuis
Toerkode
Spanbestuurder / organiseerder
Nicolene van Eyk
fietsry@menlopark.co.za
Vervoerreëlings
Busvervoer / eie vervoer
Vervoer na Stellenbosch
Aangesien die toer in die vakansie plaasvind, maak leerders van eie vervoer gebruik. Leerders wat nie self na en van Stellenbosch kan reis nie, word versoek om plek op die volgende vlugte te bespreek: Vlug na Kaapstad op 1 Oktober: FA 101 om 08:40. Vlug na Johannesburg op 3 Oktober: FA 114 om 16:40. Me. Nicolene van Eyk sal die leerders op hierdie vlugte vergesel.
Vervoer van fietse
Elke leerder is verantwoordelik vir die vervoer van sy / haar fiets na Stellenbosch. Kontak gerus vir Cycle Transfer in hierdie verband. Die beraamde koste beloop R1 450,00.
Vlugreëlings
Vlug na Kaapstad op 1/10/2026
Indien u as ouer nie saam met u kind kan reis nie, en u kind alleen na die kampioenskap reis, is u welkom om plek op die volgende vlug te bespreek. Vlug na Kaapstad op 1 Oktober: FA 101 om 08:40. Vervoer vanaf die lughawe na Stellenbosch is gereël.
Vlug na Johannesburg op 3/10/2026
Vlug na Johannesburg op 3 Oktober: FA 114 om 16:40. Vervoer vanaf Stellenbosch na die lughawe is gereël.
Kostes
R1 300 per leerder
Sperdatum vir betaling: 23/09/2026
Ouers word op hulle rekeningstate vir die toer gehef.
Ouers is welkom om 'n afbetalingsooreenkoms met die skool se finansiële kantoor te tref.
Die aankoop van aandenkings en lekkernye is vir leerders se eie sakke.

Rekeningbesonderhede

Verwysing: Die kode op u rekeningstaat asook die toerkode.
Bewys van betaling: E-pos die bewys van betaling aan die spanbestuurder of organiseerder.

Die Hoërskool Menlopark
Nedbank
Rekeningnommer: 149 712 4069
Takkode: 149 745

Etes en benodigdhede
Benodigdhede tydens die toer
Menlo-uitgaandrag. Fiets en ander fietsrybenodigdhede. Gewone klere. Nagklere. Toiletware.
Alle etes is ingesluit.
Elke leerder word uitgenooi om die gala-aand op Vrydag, 2 Oktober by te woon.
Akademie en toetse
Geen akademiese tyd word misgeloop nie.
Addisionele inligting

Verblyfreëlings in die koshuise is verpligtend.
Die volgende personeel sal saam met die leerders in die koshuise oornag: Nicolene van Eyk (dogters) & Lukas van der Westhuizen (seuns).
Baie dankie vir elke ouer se ondersteuning van die Bossa-fondsinsamelingsprojek.
Kontak ons gerus indien daar enige navrae oor die nasionale kampioenskap is.
Nicolene van Eyk: 079 926 3430.
Simone Labuschagne: 071 884 7551.

VRYWARINGSVORM

Voltooi die aanlyn VRYWARINGSVORM

"*" indicates required fields

Stap 1 van 2

INLIGTING BENODIG IN GEVAL VAN MEDIESE/HOSPITAALBEHANDELING

Max. file size: 4 GB.

INLIGTING VAN VOOG #1

Volle Naam*
Fisiese Adres*

INLIGTING VAN VOOG #2

Volle Naam
Fisiese Adres

KONTAKBESONDERHEDE VAN FAMILIELID/VRIEND