Hardloop met Hart
Menlo-onderwysers pak die Jacaranda-wedloop vir ‘n goeie doel aan
5 km | 10 km | 21,1 km | 42,2 km
Wat sal gebeur as Menlo-onderwysers vir meer as net die wenstreep hardloop?
Op 24 Oktober 2026 sal Menlo-onderwysers, in vennootskap met die Menlobond, aan die Jacaranda-wedloop deelneem. Ouers, oud-Parkies en die breër Menlo-gemeenskap word uitgenooi om ons onderwysers te ondersteun en tot die fondsinsamelingsveldtog by te dra.
Die doel, in samewerking met die Menlobond, is om fondse in te samel om verdienstelike leerders van Die Hoërskool Menlopark te ondersteun.
Elke skenking van R2 500,00 of meer kwalifiseer vir ‘n 18A-kwitansie. Kontak gerus die Menlobond by menlofonds@menlobond om die 18A-kwitansie te bevestig.
Een span. Een doelwit.
Ons hardloop vir die Parkies!
Die voordele
Personeelwelstand
Moedig onderwysers aan om te oefen, fiks te bly en ‘n gesamentlike doelwit na te streef.
Skoolgees
Skep ‘n geleentheid vir onderwysers, ouers, leerders en oud-Parkies om saam ’n verskil te maak.
Betekenisvolle
fondsinsameling
Koppel fondsinsameling direk aan die ondersteuning van lede van die Menlo-gemeenskap.
Storievertelling en
betrokkenheid
Ouers ontvang nie bloot ‘n versoek om ’n skenking te maak nie. Hulle kan die reis van die onderwysers volg, terwyl onderwysers vir die wedloop voorberei.
Hoe dit werk
Onderwysers skryf in
Onderwysers bied vrywillig aan om aan die 5 km-, 10 km-, 21 km- of 42 km-wedloop deel te neem.
Die gemeenskap ondersteun
Ouers, oud-Parkies en ondersteuners maak donasies en ondersteun sodoende ons personeel en die veldtog.
Ons hardloop vir ‘n Parkie!
Fondse wat ingesamel word, word aangewend om leerders te ondersteun. Die fondsinsameling vind deur middel van die skool se goedgekeurde finansiële bystand- of beursstruktuur via die Menlo-OMGEEfonds, in vennootskap met Menlobond, plaas.
Hoe dit werk
Betaal aanlyn
Klik hier om ‘n donasie te maak.
EFO-donasie
Menlobond NPC
NEDBANK
Rek Nr: 120 683 6555
Tak: Menlyn Maine
Takkode: 151745
DIE HOËRSKOOL MENLOPARK