Sewe spanne dring na die landsfinaal van die Con Spirito-debatkompetisie deur. Een van ons senior spanne behaal nasionaal die tweede plek. « Die skool bied ‘n uitmuntende produksie, Anthem of Hope, met ‘n speelvlak van een week op eie bodem aan. » Die Hoërskool Menlopark eindig gesamentlik eerste in die Voorsitterstrofee. Tydens GolfRSA se nasionale hoërskolekampioenskap eindig Die Hoërskool Menlopark tweede.