Skip to content

Fasiliteite

Menlo-bodem:
‘n Leefruimte vir
leer en presteer

Met moderne fasiliteite, ‘n goedversorgde terrein en ruimtes wat leerders inspireer, skep ons ’n platform waar elke Menloparker sy en haar volle potensiaal kan bereik — in die klaskamer én daarbuite.

KAMPUS

Crown Asset v1

FASILITEITE

Crown Asset v1

KOSHUIS

Crown Asset v1

Ons Kampus

Ons skoolgeboue weerspieël die gehalte van onderrig wat by die skool plaasvind. Elke klaskamer is toegerus met die nodige tegnologie en hulpbronne om betekenisvolle onderrig moontlik te maak.

Skoolsaal wat ses dekades van Menlo-tradisie weerspieël

Amfiteater met sitplek vir 2026 mense

Ouditorium met lugversorging en moderne oudiovisuele apparaat

Mediasentrum met internettoegang

4 RTT-rekenaarsentrums

IT-sentrum

7 laboratoria vir Fisiese Wetenskappe en Lewenswetenskappe

Klaskamers met interaktiewe witborde, internettoegang en dataprojektors

Gerekenariseerde leeslaboratorium

Robotikasentrum

Musiekgebou met klankdigte oefenkamers

Ons Sportfasiliteite 

Ons sportfasiliteite skep die ideale omgewing waar atlete hul volle potensiaal kan bereik. Op Menlo-bodem is infrastruktuur van wêreldgehalte binne elke Menloparker se bereik. 

Moderne gimnasium met doelgemaakte toerusting vir die kondisionering en rehabilitering van sportlui van al die sportsoorte

Menlo-blou-astro

Mini-astro

4 muurbalbane

50 m-olimpiesestandaardswembad

Blou tartanbaan

Pawiljoen wat 6 000 toeskouers kan akkommodeer

Spreiligte op alle sportvelde

Klubhuise vir tennis, rugby, hokkie, netbal en krieket

Rugby- en krieketvelde

Binnenshuise krieketnette

Turfnetfasiliteit met 14 blaaie

Menlo-gholf beskik oor die nuutste afrigtingstegnologie en wêreldklastoerusting op die terrein soos balvlugmonitors, 3D-bewegingsanalise- en breinanalisesagteware

Sport- en rehablitasiesentrum met fisioterapeut en fiksheidsdeskundige (oop vir die publiek)

Menlo-koshuis
Meer as ‘n tuiste

AK

Aansoek: Koshuis

x

Leerders en hulle ouers skeduleer ‘n onderhoud met mnr. Danie Erasmus.

E-pos die volgende dokumente na aansoeke@menlopark.co.za:
— Voltooide inskrywingsvorm (skool)
— Voltooide inskrywingsvorm (koshuis)
— Bewys van adres
— Identiteitsdokumente van albei ouers
— Leerder se geboortesertifikaat of identiteitsdokument
— Nuutste rapport
— Nuutste dissiplinêre verslag

Let wel: Plasing in die koshuis is onderhewig aan beskikbaarheid.

Absolut Koshuis

Die skool se indrukwekkende reputasie wat oor die akademiese, kultuur- en sportspektrum strek, was in 2009 die katalisator vir die oprigting van die koshuis. Vandag is dit die hoeksteen waarop Menloparkers van reg oor
Suid-Afrika hulle toekomsdrome bou.

Die Menlo-koshuis bestaan uit verskeie geboue. Ons dogterskoshuis is op die skoolterrein geleë. Oorkant die straat, in Rosemaryweg, bied vier Menlo-huise in die Menlo-dorp addisionele huisvesting aan seuns.

Die Menlo-koshuis bied aan gedrewe leerders ‘n geleentheid om hulle toekomsdrome by ‘n wêreldklasinstansie na te streef.

Die skool se indrukwekkende reputasie wat oor die akademiese, kultuur- en sportspektrum strek, was in 2009 die katalisator vir die oprigting van die koshuis. Vandag is dit die hoeksteen waarop Menloparkers van reg oor Suid-Afrika hulle toekomsdrome bou.

Die Menlo-koshuis bestaan uit verskeie geboue. Ons dogterskoshuis is op die skoolterrein geleë. Oorkant die straat, in Rosemaryweg, bied vier Menlo-huise in die Menlo-dorp addisionele huisvesting aan seuns.

Die Menlo-koshuis bied aan gedrewe leerders ‘n geleentheid om hulle toekomsdrome by ‘n wêreldklasinstansie na te streef.

Bedryfshoof

Danie Erasmus Buite Kurrikulêr

Mnr. Danie Erasmus

danie.erasmus@menlopark.co.za

Koshuisvader
Dogters

MP(5126)

Mnr. Phillip Erasmus

phillip.erasmus@menlopark.co.za

Koshuisvader
Seuns

Kobus Erasmus Lewenswetenskappe

Mnr. Kobus Erasmus

kobus.erasmus@menlopark.co.za

Menlo wapen Navy Screen

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK