Skip to content

Inskrywings

Welkom by Menlo!

Elke groot verhaal begin met ‘n eerste stap en jou toekoms kan hier op Menlo-bodem begin. Die Hoërskool Menlopark is meer as ‘n skool – dit is die toetrede tot ‘n familie waar jy jou volle potensiaal kan ontdek, ontgin en uitleef.

Kom skryf saam aan die volgende hoofstuk van jou toekoms.

NUWE GRAAD 8’S (2027)

Alle nuwe Graad 8-leerders moet eers die Gauteng Departement van Onderwys se amptelike plasingsproses volg voordat toelating by die skool oorweeg kan word. Klik hier onder vir meer inligting rakende die proses en vereistes.

AANSOEKE: GR. 8 & 9

Hierdie aansoekproses is slegs van toepassing op leerders wat tans reeds by ‘n ander hoërskool geregistreer is en aansoek wil doen om na Die Hoërskool Menlopark oor te plaas in graad 8 of graad 9.

AANSOEKE: GR. 10 & 11

Hierdie aansoekproses is slegs van toepassing op leerders wat tans reeds by ‘n ander hoërskool geregistreer is en aansoek wil doen om na Die Hoërskool Menlopark oor te plaas in graad 10 of graad 11.

AANSOEKE: KOSHUIS

Ouers en voogde wat belangstel in koshuisverblyf vir hul kind, kan hier onder toegang verkry tot die koshuisaansoekvorm sowel as verdere inligting rakende verblyf en toeltingsvereistes.

EP

Aansoek: Gr. 10 & 11

x

Leerders en hulle ouers skeduleer ‘n onderhoud met me. Hannaliza Fechter.

E-pos die volgende dokumente na aansoeke@menlopark.co.za:
— Voltooide inskrywingsvorm
— Bewys van adres
— Identiteitsdokumente van albei ouers
— Leerder se geboortesertifikaat of identiteitsdokument
— Nuutste rapport
— Nuutste dissiplinêre verslag

AK

Aansoek: Koshuis

x

E-pos die volgende dokumente na aansoeke@menlopark.co.za:
— Voltooide inskrywingsvorm (skool)
— Voltooide inskrywingsvorm (koshuis)
— Bewys van adres
— Identiteitsdokumente van albei ouers
— Leerder se geboortesertifikaat of identiteitsdokument
— Nuutste rapport
— Nuutste dissiplinêre verslag

Let wel: Plasing in die koshuis is onderhewig aan beskikbaarheid.

EP

Aansoek: Gr. 8 & 9

x

Leerders en hulle ouers skeduleer ‘n onderhoud met me. Hannaliza Fechter.

E-pos die volgende dokumente na aansoeke@menlopark.co.za:
— Voltooide inskrywingsvorm
— Bewys van adres
— Identiteitsdokumente van albei ouers
— Leerder se geboortesertifikaat of identiteitsdokument
— Nuutste rapport
— Nuutste dissiplinêre verslag

Registreer asseblief en verseker so dat Die Hoërskool Menlopark ‘n voordeel uit alle aankope trek.

Kry die Ed-admin toep

EXCELSA PETAMUS
Streef die hoogste na

Menlo wapen Navy Screen

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK