Skip to content

Administratiewe ondersteuningsbeampte in die finansiële kantoor

Beheerliggaampos

Vereistes

Die administratiewe beampte is verantwoordelik vir die professionele hantering van ouerinteraksies, kantooradministrasie en betalingsprosesse.

Sleutelverantwoordelikhede:
• Hantering van die kantoorvenster en alle eerste kontak met ouers en leerders.
• Ontvangs en verwerking van betalings en uitreiking van kwitansies.
• Hantering en filtrering van ouernavrae.
• Algemene administratiewe ondersteuning aan die finansiële span.

Vereistes:
• Minimum Graad 12 (’n relevante administratiewe of finansiële kwalifikasie sal voordelig wees).
• 2–3 jaar relevante administratiewe ervaring.
• Uitstekende kommunikasievaardighede (Afrikaans en Engels).
• Goeie rekenaarvaardighede (MS Office).
• Hoë vlak van akkuraatheid en aandag aan detail.
• Professionele, diensgerigte en betroubare ingesteldheid.

Die geskikte kandidaat beskik oor die volgende eienskappe:
• Vermoë om onder druk te kan werk.
• Sterk interpersoonlike vaardighede.
• Goeie organisasie en tydsbestuur.
• Diskresie en integriteit.

Aansoeke:
Stuur ’n volledige CV na:
hoof@menlopark.co.za
Sluitingsdatum vir aansoeke: 31 Mei 2026

Belangrike inligting
Sluitingsdatum: 31/05/2026
Aanvangsdatum: So gou as moontik.

Aansoeke

"*" indicates required fields

Naam en van*
Max. file size: 100 MB.

Word deel van
‘n toekoms van 

UITNEMENDHEID