BEDRYFSHOOF: KOMMERSIËLE SAKE
Beheerliggaampos
Relevante tersiêre kwalifikasie en minstens vyf jaar ondervinding op senior vlak.
Bewese rekord van meetbare resultate in fondswerwing en borgskappe.
Sterk leierskap-, onderhandelings- en kommunikasievaardighede.
Die vermoë om begrotings op te stel en te bestuur.
Buigsaamheid ten opsigte van werksure.
Ervaring in ‘n skool- of skolesportomgewing is ‘n sterk aanbeveling.
PLIGTE
Werf en bestuur borge, donateurs en strategiese vennote.
Bestuur fondsinsameling en ontwikkel alternatiewe bronne van inkomste ten bate van die skool.
Bestuur borg-, vennoot- en huurkontrakte.
Skakel met openbare weldaadsorganisasies (OBO’s/PBO’s) wat met die skool geaffilieer is.
Bestuur die databasis van oudleerders, donateurs en borge.
Uitbreiding en benutting van die Menlopark-handelsmerk.
Aansoeke
"*" indicates required fields
Word deel van
‘n toekoms van
UITNEMENDHEID