Skip to content

Nuwe Graad 8's

Laat die avontuur
begin

Elke groot verhaal begin met ’n eerste stap en jou toekoms kan hier op Menlo-bodem begin. Die Hoërskool Menlopark is meer as ‘n skool – dit is die toetrede tot ‘n familie waar jy jou volle potensiaal kan ontdek, ontgin en uitleef.

Kom skryf saam aan die volgende hoofstuk van jou toekoms.

Die inskrywingsproses verloop soos volg:



Ouers registreer slegs op die GDO se aanlyn registrasieportaal.

Sodra die plasingsproses afgehandel is, ontvang nuwe graad 8-ouers ‘n skakel om by Die Hoërskool Menlopark te registreer.

Stawende dokumente (identiteitsdokumente van beide ouers, leerder se geboortesertifikaat, bewys van woonadres en die nuutste graad 7-rapport) word aanlyn deur ouers op die stelsel gelaai.

Voornemende graad 8-koshuisouers word versoek om me. Linelle Weyers te kontak (aansoeke@menlopark.co.za).

 

Die GDO-proses:



Die GDO-proses word deur die Gauteng Departement van Onderwys hanteer.

Sodra die skool inligting oor die verloop van die proses van die GDO ontvang, word dit hier geplaas.

Lees meer oor die GDO-proses in die blokkie hier onder.

 

Graad 8-inligtingsbrosjure

GDO-registrasie

Skooldrag

Vakkeuses

Welkom by 
Die Hoërskool Menlopark

Jy begin binnekort met ‘n nuwe hoofstuk in jou verhaal. Ons is saam met jou opgewonde oor die vriendskappe en geleenthede wat op jou wag.

Die inligting hier onder sal jou help om voorbereid vir jou eerste dag as ‘n Parkie op te daag.

Ed-admin-toepassing

Ed-admin is die skool se kommunikasietoep.

Jou ouers aktiveer die toepassing sodra jy in Januarie by ons aansluit.

Kode: 599649.

Ouers kommunikeer deur middel van Ed-admin met leerders se vakonderwysers.

Handboeke

Handboeke en eerste skrifte word gratis aan elke Menloparker voorsien.

Leerders gee die handboeke aan die einde van elke jaar aan die skool terug.

Indien ‘n handboek wegraak, word die koste van die handboek (R300) van ouers verhaal.

Addisionele werkboeke word aangekoop en is die leerders se eiendom. Dit word op die skoolfondsrekening gehef.

Skooldrag

Besoek gerus die webblad vir ‘n volledige uiteensetting van die skooldrag.

Jy benodig gewone skooldrag sowel as uitgaandrag.

Skryfbehoeftes

Maak seker dat jou pennesakkie standaarditems soos ‘n blou pen, potlood, uitveër, liniaal, gom en skêr insluit.

In Wiskunde gebruik leerders die CASIO FX-82 ZA Plus Scientific Calculator.

Skooltas

Daar is nie ‘n voorgeskrewe skooltas nie.

Rugtasse met vakkies werk die beste.

Maak seker dat jou tas genoeg plek het vir al jou handboeke.

Jou eerste dag op Menlo-bodem

Meld asseblief om 07:15 by die kantoor aan.

Jou voogklas se Parkieraadslid sal jou by die kantoor ontmoet en jou na jou voogklas vergesel.

Me. Linelle Weyers sal sekermaak dat jy ‘n rooster en handboeke ontvang. Jou ouers laai jou na skool by die Rosemaryhek op.

Ons sien daarna uit om jou te ontmoet.

#myplekismenlo

Menlo wapen Navy Screen

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK