Skip to content

Dr. Carel van der Merwe Bemagtigingsinisiatief

Respek, ywer, integriteit en lojaliteit is die kompas wat ons optrede by Die Hoërskool Menlopark rig. As een van die land se voorste akademiese instellings het ons waardering vir leerders wat dieselfde waardes nastreef. Die Dr. Carel van der Merwe Bemagtigingsinisiatief het ten doel om die talent van uitsonderlike leerders te ontwikkel, hulle potensiaal te ontsluit en bemagtig om ’n positiewe bydrae tot die skool, gemeenskap en samelewing te maak.

Ingeskrewe leerders van Die Hoërskool Menlopark wat hulself met die kernwaardes vereenselwig en op die volgende terreine uitblink, word genooi om vir hierdie inisiatief aansoek te doen:

  • Uitnemende akademiese prestasies
  • Betrokke leierskap en diensbaarheid
  • Deelname aan sport
  • Deelname aan kultuur
AANSOEKPROSES
  • Slegs ingeskrewe leerders wat in 2027 in gr. 8 tot 12 sal wees, kwalifiseer om vir die Dr. Carel van der Merwe Bemagtigingsinisiatief aansoek te doen.
  • Sluitingsdatum: 20 November 2026.
  • Die keuse om leerders vir die inisiatief te aanvaar, berus by Die Hoërskool Menlopark.
  • Die Dr. Carel van der Merwe Bemagtigingsinisiatief word onderskryf deur die Menlobond.

Me. Priscilla Marais

Die Dr. Carel van der Merwe Bemagtigingsinisiatief, in samewerking met die Menlobond, streef daarna om potensiaal in uitnemendheid te omskep en sodoende ’n blywende verskil in die wêreld te maak.

Leerders wat deur hierdie inisiatief ondersteun word, is toekomstige leiers, inspirerende rolmodelle en trotse jong Suid-Afrikaners.

"(Vereis)" indicates required fields

Stap 1 van 4

This field is for validation purposes and should be left unchanged.

BIOLOGIESE VADER

Titel(Vereis)
Voorletters & Van(Vereis)
Woonadres(Vereis)
E-posadres(Vereis)

BIOLOGIESE MOEDER

Titel(Vereis)
Voorletters & Van(Vereis)
Woonadres(Vereis)
E-posadres(Vereis)