Hernasien 2011-matrieksvraestelle

Sluitingsdatum is 20 Januarie 2012.
Aansoekvorms is SLEGS beskikbaar en inhandigbaar by die departementele distrikskantoor (Presidentsarkade in Pretoriusstraat)     

Digters, skrywers en dramaturge, kyk hier en  hier vir meer inligting rondom Poort 2012!

NUUSBRIEFINSKRYWING

Naam:
E-pos:
 

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Akademie


Wiskunde & Wetenskap

UP with Science
 
Die Universiteit van Pretoria (UP) bied Up with Science vir wetenskap-entoesiaste aan. Gaan loer by www.upwithscience.up.ac.za of e-pos upwithscience@up.ac.za
 
George de Kock en Anke Roux is gekeur om deel te wees van die UP with Science- program. 
"UP with Science" is `n verrykingsprogram wat deur die Universiteit van Pretoria aangebied word vir hoërskoolleerlinge van die groter Pretoria.  Slegs 50 gr. 10  leerlinge word jaarliks vir die program, wat oor 3 jaar strek, gekeur.
Om in die program ingesluit te word, geld die volgende kriteria:  Die kandidaat moet akademies presteer in Wiskunde en Fisiese Wetenskap, moet `n belangstelling in die veld hê, moet deur `n onderwyser aanbeveel word en moet `n opstel skryf waarin hy/sy meld hoekom hy/sy graag aan die program sou wou deelneem.
Die projek sluit Saterdag-byeenkomste een maal per maand in, asook `n projekweek wat jaarliks bygewoon moet word.
Na suksesvolle voltooiing van die program, kwalifiseer leerlinge wat by UP inskryf vir studierigtings in die Natuur- of Landbouwetenskappe, vir `n beurs.
Elke skool mag jaarliks slegs 2 gr. 10 leerlinge nomineer.  Slegs een leerling en in uitsonderlike gevalle, 2 leerlinge, word vir die program gekies.  
Die besondere prestasie het ons weer eens te beurt geval dat beide die leerlinge wat genomineer is, tot die program toegelaat is.
Liezl Ferreira in gr. 11 is reeds die afgelope jaar betrokke by UP with Science
  
NATUURWETENSKAP-OLIMPIADE
 
Die Natuurwetenskap Olimpiade vir gr. 8 - 9 is vanjaar op Woensdag 4 Mei 2011 gehou.  
 
Die Hoërskool Menlopark het weer eens uitgeblink in die betrokke olimpiade vir gr. 8 en 9-leerlinge.  Ons het nasionaal `n derde plek verower.  Die gemiddeld van die Top 10 leerlinge wat aan die Olimpiade deelgeneem het, was 72%.  Daar het 90 leerlinge aan die Olimpiade deelgeneem en die gemiddeld van die hele groep was 60%, wat aansienlik meer is as die nasionale gemiddeld van 54%.
 
Slegs 2 skole in Gauteng is in die Top 10, nl. ons en AHS, wat  6de gekom het.
 
Die Olimpiade vraestel bevat Algemene kennisvrae oor die Natuur- en Biologiese wetenskappe.
 
Ons moedig ons leerlinge aan om aan hierdie Olimpiade deel te neem, omdat hulle oor die algemeen oor `n baie wye algemene kennis beskik.  Hierdie vraestelle maak ook voorsiening vir beide die topleerling en die gemiddelde leerling om te presteer. 
 

Brugbou-uitslae

Die jaarlikse interne brugboukompetisie is pas afgehandel. Rayno Pierce, Vincent Joubert en Jeandre van der Merwe se brug van 159 g het 27 kg gedra voor dit geknak het.

Lana van Biljon en Madelein Karsten se brug van 167 g het tweede plek geneem met 26 kg.

 
NOORD-GAUTENG NATUURWETENSKAP EXPO 2011
Die Noord-Gauteng Natuurwetenskap expo het van 2- 3 September 2011 by die Sportsentrum van die Universiteit van Pretoria plaasgevind.
Die Hoërskool Menlopark is vanjaar toegelaat om 18 projekte in te skryf. Hierdie projekte is gekies uit meer as 200 projekte wat tydens ons Interne Expo ingeskryf is.
Die Menloparkers het hulle voortreflik van hulle taak gekwyt en ons leerlinge se spontaneïteit, kreatiwiteit en kommunikasievaardighede wanneer hulle met die publiek omgaan, was opmerklik.
Die volgende prestasies is behaal:
Meriete sertifikaat
Marcus Brandt
Brons medaljes
Nicola Venter
Emily Erasmus
Marisa Brink
Alicia Swanepoel en Dewyk Swanepoel
Margot Maritz                   
Silwer medaljes
Helene- Marie Guillaume en Marizel Steenkamp
Marné Kruger                      
Mikal Botha                        
Mia Basson en Cara Rossouw
Rachelle Theron                               
Jennimi Laubscher
Bernard van Tonder
Mirike Loedolff
Goue medaljes
Altus Bischoff: Nuwe Era in Ruimtetegnologie
Die aarde is oorbewoon en die hulpbronne beperk. `n Konsepruimtestasie met al die kenmerke van die aarde is ontwikkel, insluitend gravitasie en atmosfeer. Ruimtebewoning is so vervolmaak. Gebaseer op navorsing van die Internasionale Ruimtestasie.
  
Danielle van Wyk:        Sandkrewels as indikator spesie van swaarmetaalbesoedeling
Sandkrewels besit al die eienskappe wat nodig is om `n goeie indikatorspesie van swaarmetaal besoedeling te wees. Daar is gepoog om uit te vind of die populasie getalle gekorreleer kan word met besoedeling. Daar is ook gekyk of abiotiese faktore soos wateremperatuur, pH en soutgehalte van water die krewelpopulasie beinvloed.
 
Jana Mattheus en Belinda Lewis: Blare as Biomonitor vir Lugbesoedeling
Die doel van die projek is om te ondersoek of blare as biomonitors kan dien om vas te stel watter tipe lugbesoedelingstowwe in Tshwane omgewing vrygestel word. SEM EDS ontledings is gedoen en daar is gevind dat blare wel gebruik kan word om lugbesoedeling te monitor.
 
Wilma le Roux en Stephan le Roux: Reflekterende “tag”
Botswana het `n baie groot probleem met diere wat saans op paaie is en so ongelukke kan veroorsaak. `n Oorplaatjie is ontwerp sodat diere meer sigbaar kan wees.
 
Elke goue medaljewenner kry `n beurs van R2 200 as by Tukkies gaan studeer
SPESIALE TOEKENNINGS
Rachelle Theron:    Beste Entrepreneuriese projek
Danielle van Wyk: Tweede beste projek in Afrikaans
Altus Bischoff:     Beste projek in Afrikaans
                             Beste projek in Sterrekunde
Jana Mattheus en Belinda Lewis: Beste Dogtersprojek by Noord-Gauteng Expo
PROJEKTE DEUR NA NASIONALE  NATUURWETENSKAP EXPO
Danielle van Wyk
Jana Mattheus en Belinda Lewis
Wilma le Roux en Stephan le Roux
 
 
Menlo-Wiskunde
 
Wiskunde is beslis een van die vlagskipvakke by Die Hoërskool Menlopark. Ons kan met groot trots en dankbaarheid terugkyk na wonderlike uitslae die afgelope jare – iets waaraan nie net die matriekonderwysers werk nie, maar waarvoor van gr 8 af kennis en liefde ingeploeg word.
2008: 87 onderskeidings met ‘n graadgemiddeld van 72%, Toppresteerder (distrik) in Wiskunde met 100%
2009: 78 onderskeidings met ‘n graadgemiddeld van 72%
2010: 76 onderskeidings met ‘n graadgemiddeld van 72%, Toppresteerder (distrik) in Wiskunde met 100%

Tog gaan dit by Menlo-Wiskunde nie net oor die onderskeidings nie, maar oor heelbrein-onderrig en ontwikkeling in die linkerbreingeoriënteerde vak. Ons is bevoorreg om ‘n data-projektor in elke klas te hê waar klem o.a op die visuele wonderwêreld van funksies en transformasies val.

Dan word kreatiwiteit ook gestimuleer met ‘n π-dag wat gehou word – dit was mos nou 14/3 en π = 3,14 ...! Op ‘n kompetisie-basis gaan gekyk word wie die meeste desimale van die irrasionale getal kan memoriseer . . . met groot pryse op die spel!
 
Dalk is een van die pryse nog ‘n lekker sappige pie!
 
Met ons Wiskunde-Olimpiade se meer as 150 leerders mekaar die stryd met   laterale denke Wiskundige denke aan.
 
By Die Hoërskool Menlopark neem ons graag die angs uit Wiskunde en sit ons graag die A-ha-belewenis van oplos en ontdek terug in Wiskunde- beslis binne elke kind se bereik met toewyding van onderwysers en volgehoue ywer van die leerders.
 
Menlo-Wetenskap
"Waar wenners wenners word"
 
Die leerders van Die Hoërskool Menlopark is ernstig oor Natuurwetenskap, soos hulle bewys wanneer hulle in die laboratoriums oorborrel van entoesias-me. By Die Hoërskool Menlopark is Fisiese en Lewens-wetenskap ook pret! Die waagmoediges saag varkkoppe middeldeur in die Lewenswetenskap-laboratoriums en watergevulde ballonne trek deur die vensters wanneer die leerders in die Fisiese Wetenskap begin prakties doen. Met Chemieprakties, hoor jy kort-kort sinsnedes soos: “Oe, dis cool!” of “Sal dit ontplof as ons dit bymekaar gooi, Juffrou?“
 
Menlowetenskap kook reg deur die jaar, maar in die derde kwartaal, tydens die Natuurwetenskapweek is almal in rep en roer! Navorsing word gedoen en ons toekomstige wetenskaplikes kom vorendag met puik idees van hoe om hierdie wêreld `n nog beter, geriefliker en omgewingsvriendeliker plek te maak. Benewens ons Interne Wetenskapexpo, presteer ons leerders ook jaarliks op provinsiale en nasionale vlak.
 
Ons hou jaarliks `n interne brugboukompetisie. Die wenners van hierdie kompetisie dring deur na die Streeksbrugboukompetisies.
 
Parkies beskou Olimpiades as `n groot uitdaging en nog groter lekkerte. Ons neem jaarliks deel aan die Natuurwetenskapolimpiade (gr. 8 en 9), Lewenswetenskap- en Fisiese Wetenskapolimpiades (gr. 10 – 12). Die Tegnologie Olimpiade is groot pret vir elkeen wat droom om `n ingenieur te word. Ook hier presteer Parkies op provinsiale en nasionale vlak.
 
Wie het gesê Sudoku is net vir “nerds“? Dis is `n groot lekkerte as die hele skool deelneem aan `n Sudokukompetisie. Die uitkloprondtes vreet aan die senuwees omdat `n kombinasie van vernuf en spoed op die ou end gaan bepaal wie die Sudokukoning sal wees.
 
Menlo-wetenskap is MENLO-WETENSKAP juis omdat daar uiters bekwame Fisiese Wetenskap- en Lewenswetenskap onderwysers is, wat nie net `n passie vir die vak het nie, maar ook `n passie het vir kinders. Klasse word so aangebied, dat elke leerder dit as `n belewenis eerder as `n les beskou. Die sukses in die Wetenskapdepartement word weerspieel in die puik Matriekuitslae wat jaarliks behaal word.
 
In die laboratoriums wemel dit van Parkie entoesiaste; Parkies kook; Parkies is “Waar Wenners Wenners Word.”