Hernasien 2011-matrieksvraestelle

Sluitingsdatum is 20 Januarie 2012.
Aansoekvorms is SLEGS beskikbaar en inhandigbaar by die departementele distrikskantoor (Presidentsarkade in Pretoriusstraat)     

Digters, skrywers en dramaturge, kyk hier en  hier vir meer inligting rondom Poort 2012!

NUUSBRIEFINSKRYWING

Naam:
E-pos:
 

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Akademie


Verrykingsakademie

 

 

SUPER 6-AKADEMIESE UITDAGING

 

 

Die Verrykingsakademie

Die Verrykingsakademie van Die Hoërskool Menlopark het ten doel om aan leerders die geleentheid te bied om wyer as die voorgeskrewe akademiese  kurrikulum gestimuleer te word.

Verrykingsakademie aande word kwartaalliks gehou, waartydens kenners genooi word om oor `n wye verskeidenheid van onderwerpe te kom gesels. Die aande kan die vorm van lesings of paneelbesprekings aanneem. Leerders kry ook ruim geleentheid om vrae te vra en hulle eie opinies te lug. 

Onderwerpe wat wye belangstelling gelok het van ouers sowel as leerders was onder andere “ Die ekonomiese groei in Suid-Afrika die afgelope dekade”, “Forensiese entomologie en die SAPD”, “Die wêreld van die Elektronmikroskoop”, “Effektiewe vryetydsbesteding”, “Breinbeserings in motorongelukke en die langtermyneffekte op lewenskwaliteit”, “ Die wonderwêreld van Laser”, ensovoorts.

Leerders word hierdeur ook blootgestel aan beroepe wat andersins vir hulle onbekend sou gebly het. So byvoorbeeld het die Universiteit van Pretoria `n elektronmikroskoop aan die skool beskikbaar gestel, waarop leerders na willekeur kon gaan werk, foto’s neem van mikroskopies klein monsters, ens. Hieruit het `n paar Natuurwetenskap expo take ontstaan, wat op Noord-Gauteng Expo medaljes verower het.

 Dankie ook aan ons borg:

Akademiese verryking ‘n ononderhandelbare tradisie

Daar is elke jaar ‘n groep graad 11-leerlinge wat beplan om eendag medies te gaan studeer en wat by Tukkies se Academia Latina ‘n kursus in mediese terminologie volg.

Vanjaar se groep wat hierdie vak geslaag het, is:  Isabella Claassens, Nicola Coetzee, Louise Human, Suné Klopper, Nina Muller, Talita Pretorius, Nicola Snyders, André Swanepoel, Bernard Swart, Gerald van Eeden en Cem van Vuuren. Die toppresteerders onder hierdie groep slimkoppe is: Isabella Claassens (84%),  Louise Human (84%) Bernard Swart (75%) en Andre Swanepoel (88%).

Leerders wat in ‘n mediese rigting wil studeer en vanjaar in graad 10 is, word aangemoedig om aanstaande jaar TUKKIES se kursus in mediese terminologie wat deur ACADEMIA LATINA aangebied word, as buitemuurse vak te neem.