1-2 Februarie 2012

Gauteng-Noord Hoërskole Ope Kampioenskappe (Seuns en Dogters)

Die Hoërskool Menlopark neem aan die volgende toernooie deel:

  • Amanda Coetzer-tennistoernooi vir hoërskooldogters
  • Sun City Mixit gemengde dubbels-toernooi
  • Sun City Prestige-toernooi vir seuns en dogters
  • Lizel Huber-toernooi vir dogters O/15
  • Waterkloof Seuns O/15-toernooi
  • St. Mary's Engen-toernooi vir die top 4 dogters
  • Gerrie Berner-tennistoernooi vir die top 6 dogters (aangebied deur Paarl Gimnasium)
Menlopark bied ook jaarliks ons eie ABSOLUT MENLO-toernooi aan waarin 16 skole dwarsoor die land uitgenooi word. Dit is ’n toernooi vir seuns en dogters en word gekenmerk as ’n regte tennisfees!

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Sport


Tennis

Die Hoërskool Menlopark se Tennis-Akademie word gekenmerk deur absolute pret, spangees, entoesiasme en nasionale en internasionale prestasies.

Akademie en afrigters
 
Die Tennis-Akademie beskik oor ‘n hoogs gespesialiseerde afrigter, en sowat 10 gemotiveerde en toegewyde onderwysers wat dien as spanbestuurders, onder leiding van Sonet Bergh en Marie Ruhling.
 
Die bekende, Dennis Breetzke, is ons professionele tennisafrigter. Dennis het self op provinsiale en nasionale vlak deelgeneem en is tans deel van die bestuurders, sowel as afrigter van die Senior- en Junior Gauteng-Noordspanne. Onder sy leiding het Gauteng- Noordspanne in vyf senior interprovinsiale kampioenskappe geseëvier! Hy is tans ook ‘n Gauteng-Noord seniorkeurder.
 
Menlo-Tennis het ook ‘n baie entoesiastiese, aktiewe en “passievol-oor-tennis” ouerkomitee wat weekliks die visie van Menlo-Tennis verbreed!
 
Fasiliteite
 
Menlo-Tennisakademie het ABSOLUT verruklike fasiliteite, wat insluit:
 
  • 5 Tennisbane (Nuut opgeknap!)
  • Klubhuis met kleedkamer-, kombuis- en administratiewe kantoorgeriewe
  • Tenniswinkel
     
Sportprestasies
 
In 2009 het Menlo-Tennis 6 leerders gehad wat provinsiale kleure verwerf het.
 
Bianca Swanepoel is aangewys as die nr.1-speler in Noord-Gauteng en het die trofee ontvang vir die beste enkelspeelster van die Interprovinsiale Toernooi.
 
Jani Rademeyer het die Noord-Gauteng O/14A-span verteenwoordig en Lara Matzner, Joanette Grobbelaar, Petrone Bezuidenhout en Lezanne Swart het die Noord-Gauteng B-span gehaal in hul onderskeie ouderdomsgroepe.
 
Ontwikkelingsprogram
 
Voorseisoen/seisoen voorbereiding
 
Vroeg in die eerste kwartaal skop die voorbereiding af met groepsoefeninge en ranglyswedstryde. Die groepsessies vind op Maandae, Woensdae en Vrydae-oggende vanaf 06:45- 08:15 plaas en word deur ons afrigter, Dennis Breetzke, behartig. Dié oefeninge is hoofsaaklik vir die ligaspelers geskeduleer, maar is al so gewild, dat beginners ook sommer inval. Die leerders is gaande oor die oggendoefensessies en begin hul dag met lus en adrenalien, terwyl hul geen akademiese periodes nie!
 
Die groepsoefeninge hou dwarsdeur die jaar aan om Menlo-Tennis op sy tone te hou!
 
Assessering
 
Die betrokke leerders is almal deel van ‘n ranglys, dogters en seuns onderskeidelik. Die ranglys word in Januarie deur middel van ranglyswedstryde bepaal. Vanuit die ranglys, word die ligaspanne ingedeel in ‘Bo-15 en O/15’ – ouderdomsgroepe. Die leerders is in staat om mekaar regdeur die seisoen te daag om hul posisies te verbeter. Nuwe leerders is ook in staat om enige tyd deel te word van die ranglys.
 
Individuele/gespesialiseerde afrigting
 
Dennis Breetzke is ook beskikbaar vir individuele afrigting en hy neem jaarliks talle Parkies onder sy vlerk wat hul tennistalente in sy uiters bekwame hande plaas.
 
Byeenkomste en wedstryde
 
Ligas:
 
Menlopark se Ope-dogters neem in die eerste kwartaal aan die liga deel. Die wedstryde vind op ‘n Maandag plaas.
 
Die res van die Parkies neem in die tweede kwartaal deel aan ‘n bo 15 en O/15 seuns- en dogtersliga, waar soveel moontlik spanne ingeskryf word.
 
Toernooie:
 
Die Hoërskool Menlopark neem deel aan die :
  • Amanda Coetzer-tennistoernooi vir hoërskooldogters
  • Sun City Mixit gemengde dubbels-toernooi.
  • Sun City Prestige-toernooi vir seuns en dogters
  • Lizel Huber-toernooi vir dogters O/15
  • Waterkloof Seuns O/15-toernooi
  • St. Mary's Engen-toernooi vir die top 4 dogters
  • Gerrie Berner-tennistoernooi vir die top 6 dogters (aangebied deur Paarl Gimnasium)
Menlopark bied ook jaarliks ons eie ABSOLUT MENLO-toernooi aan waarin 16 skole dwarsoor die land uitgenooi word. Dit is ’n toernooi vir seuns en dogters en word gekenmerk as ’n regte tennisfees!