Die Hoërskool Menlopark is bekend vir die besonder wye vakkeuse waaruit die kurrikulum saamgestel is. Hier volg die vakke wat in graad 10, naas Afrikaans Huistaal, Engels Addisionele taal, Engels Huistaal, Lewensoriëntering en Wiskunde of Wiskundige geletterdheid, gekies kan word:
- Duits (IEB)
- Frans (IEB)
- Fisiese Wetenskap
- Rekeningkunde
- Ekonomie
- Geskiedenis
- Geografie
- Toerisme
- Besigheidstudies
- Rekenaar-Toepassingstegnologie
- Gasvryheidstudies
- Informasie-Tegnologie
- Dramatiese Kuns
- Ingenieursgrafika en Ontwerp
- Visuele Kunste
- Musiek
- Meganiese Tegnologie
- Alpha-wiskunde (slegs as 8ste vak)
- Ontwerp (slegs as 8ste vak)
Uitgeligte vakke dui die besondere wye kurrikulum aan wat die skool aanbied.
Duits en Frans volg die IEB (Independant Examination Board)- kurrikulum en lê ook dié eksamen af.
Let asseblief daarop dat Duits, Frans en Musiek vanaf gr 8-12 aangebied word en nie net as verrykingsvak in gr 8 & 9 nie.
Die leerders wat beoog om 'n mediese studierigting te volg word aangemoedig om 'n kursus in Latynse terme as buitemuurse vak by die Universiteit van Pretoria te volg.
