DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Sport


Skaak

Absolut skaak - ‘n Spel vir Menlo-konings en Menlo-koninginne!
 
“Results show that just one year of chess tuition will improve a student's learning abilities, concentration, application, sense of logic, self-discipline, respect, behavior and the ability to take responsibility for his/her own actions.” (Gary Kasparov)
 
Die Hoërskool Menlopark se skaakspelers het reeds vanjaar puik prestasies opgelewer.
 
Skaakliga 2011
 
Ons Dogterskaakspan, die Suid-Afrikaanse Topskole Dogterskampioenspan van 2010, het in die tweede kwartaal vanjaar weer die D4-kampioenskappe gewen en hulle speel in Augustus in die Gauteng-kampioenskappe. Al die dogters in die span, nl. Sonja Scholtz (kaptein), Lenke van Aarde, Mireille Havenga, Monica Jansen van Rensburg, Carissa van Aarde en Sophia Bührmann, het reeds provinsiale skaakkleure verwerf, en vier van die dogters het ook al Nasionale Kleure verwerf.
 
Hierdie skaakkoninginne benader skaak soos ‘n wetenskap en omskep dit in ‘n kunsvorm!
 
Ons gemengde skaakspan het vanjaar ook goed gevaar deur 2de in die D4-liga te eindig. 
 
Individuele prestasies:
 
Suid-Afrikaanse Junior Geslote Kampioenskappe 2011:
Hierheen word slegs die tien beste spelers (op grond van hul prestasie in die SA Junior Ope Skaakkampioenskappe) in elke ouderdomsgroep vanoor die hele land uitgenooi, en drie van Menlo se skaakspelers was daar:
·         Mireille Havenga (Dogters O/18)
·         Monica Jansen van Rensburg – Eindig tweede in die afdeling vir Dogters O/14
·         Stefan du Toit – Eindig eerste in die afdeling vir Seuns O/16 – Absolut Stefan!
 
Stefan en Monica is ook albei vanjaar ingesluit in die SA Junior Skaakspan wat later vanjaar aan die Wêreld Jeug Skaakkampioenskappe gaan deelneem.
 
Skaakpret
Menlo-skaak is nie net ligawedstryde en harde werk nie, dit is ook pret! Die skaakborde in die mediasentrum word voor skool en elke pouse beset deur kinders wat pretskaak speel en ons hou ook in die derde kwartaal tydens pouses 'n interne toernooi met pryse vir almal.
 
Skaakklub
Die Menlo-skaakspelers vergader amptelik elke Maandag na skool om teen mekaar te speel en te oefen. Ons is bevoorreg om Stefan du Toit, ‘n skaakspeler van formaat wat Suid-Afrika al dikwels in die buiteland verteenwoordig het, te hê om die afrigting van veral die jonger spelers te behartig.
 
“The game of Chess is not merely an idle amusement; several very valuable qualities of the mind are to be acquired and strengthened by it, so as to become habits ready on all occasions; for life is a kind of Chess.”
(Benjamin Franklin)