Die Menlo-Meisies het pas as Gauteng-kampioene die skaakseisoen afgesluit! Dit nadat hulle einde verlede kwartaal as Distrikskampioene ook gekroon is.
Foto links na regs: Sophia Bührmann , Mireille Havenga, Carissa van Aarde, Sonja Scholtz (kaptein), Lenke van Aarde, Monica Jansen van Rensburg en me Marcel de Waal (skaakorganiseerder).
DIE HOËRSKOOL MENLOPARK
Inligting
Ons Trots
Baie geluk aan ons spogatleet, Stephanie Wicksell, wat verlede week gekwalifiseer het vir die Wêreld Jeugspele!
***
Menlo-hoofmeisie, Charné van Biljon, is pas gekies vir die o/21 SA Hokkie-oefengroep wat voorberei vir die Junior Wêreldbeker.