DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Sport


Netbal

Menlo-netbal is ABSOLUT TOPS in SA!

Menlo-Netbal bied aan elke netbaldogter die geleentheid om die nodige liggaams-en lewensvaardighede te ontwikkel, sodat sy haar volle potensiaal kan ontwikkel, kan bereik en ook kan benut – tot voordeel van haarself, haar span, en haar skool.

By Menlo-Netbal skep ons graag ‘n omgewing waar elke speelster 'n lewenslange liefde kan kweek vir gesonde gewoontes, soos gereelde oefening, fikswees en sportmangees, asook 'n liefde vir rekreasie en kompeterende sport, veral spansport, hetsy as deelnemer, toeskouer, afrigter, skeidsregter, beampte en/of administrateur.
 
Soos ons leuse sê, streef ons die hoogste na vir elke speelster, elke span, elke afrigter, elke beampte, elke ouer en elke ondersteuner.
 
Excelsa Petamus!
 
Ons streef die hoogste na deur:
 
  • 'n gedissiplineerde omgewing te skep met gedissiplineerde  speelsters, afrigters, skeidsregters, beamptes en toeskouers
  • 'n span met geskikte afrigter(s) vir elke dogter wat wil deelneem
  • voldoende fasiliteite, apparate en toerusting
  • voldoende oefentye om die nodige fiksheid, individuele- en spanvaardighede te ontwikkel en bereik
  • geskikte kleredrag vir wedstryde en oefeninge
  • addisionele deskundige dienste, bv. dieëtkundiges, sportsielkundiges, fisioterapeute, biokinetikusse en noodhulppersoneel
  • spesialiteitsafrigting, bv. visievaardighede, video-analises en gimnasiumsessies
  • opleiding aan speelsters, afrigters, skeidsregters en ondersteuners m.b.v interne en eksterne kursusse
  • evaluering van individue, spanne, afrigters en skeidsregters.
 
Gedurende die afgelope paar jaar, het Menlo-netbal gegroei na een van die top netbalskole in die land. Die netbal funksioneer as ‘n span, en almal in die struktuur, vanaf spelers tot afrigters, gee alles om suksesse te behaal.
 
Afrigting
 
Die sukses wat Die Hoërskool Menlopark se netbalspanne behaal, is grootliks toe te skryf aan die hoë professionele vlak van afrigting deur uiters bekwame en gekwalifiseerde afrigters.
 
Ons span afrigters staan onder leiding van die Netbal-Akademiehoof, mev. Melinda de Goede. Vakansiekursusse, klinieke en daaglikse oefeninge is deel van die skool se netbalbedrywighede.
 
Daar is ook ‘n toegeruste gimnasium op die terrein waar die netbalspeelsters fiks kan bly.
 
Fasiliteite
 
  • Die skool beskik oor 5 weervaste netbalbane met spreiligte asook ‘n klubhuis.
  • Die sportsentrum se addisionele deskundige dienste is ook beskikbaar, nl. dieëtkundiges, sportsielkundiges, fisioterapeute, biokinetikusse en noodhulppersoneel.
 
Resultate
 
Die Hoërskool Menlopark het elke jaar meer as 20 netbalspanne op die baan, waarvan baie as wenners van hul ligas uit die stryd tree. Van ons spanne is ook gereeld Noord–Gauteng wenners en baie van ons speelsters word jaarliks vir die Noord-Gauteng spanne gekies.
 
MENLO-NETBAL OP ‘N DRAFSTAP
 
Menlo-netbal staan ferm geanker in die volgende basiese beginsels:
 
  • Ons steun die skool se waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer
  • Elke speler is spesiaal, elkeen se talente word ontgin
  • Professionele afrigting deur bekwame afrigters
  • Spanne woon kampe en toere by
  • Gimnasium beskikbaar vir elke speler
  • Vriendskaplike-en ligawedstryde