Absolut Kunstefeeste!

Joné Oosthuizen (gr 8) het die Geneé Dance Challenge se streekskompetisie gewen. Dit is 'n kompetisie wat deur die Royal Academy of Dance op provinsiale vlak gehou word as deel van die groot International Genee kompetisie wat hierdie jaar, vir die eerste keer in die 70jaar van die kompetisie, in Suid-Afrika (in Kaapstad) gehou word. Die Geneé is die wêrelbeker vir ballet! Deurdat sy hier gewen het, gaan sy Gauteng verteenwoordig by die nasionale kompetisie op  Saterdag 8 Oktober. Absolut Joné!
Joné het  ook in die Drama-afdeling van die Afrikaanse Kunsvereniging se kunswedstryd skoonskip gemaak vir graad 8: sy wen letterlik AL die afdelings waarin sy deel-neem, nl. Gedramatiseerde prosa, gedramatiseerde poësie, monoloog, poësie, prosa en die voordrag-konsertprogram. Sy is aangewys as afdelingswenner in al hierdie afdelings waarin sy die A++ met die finalis medalje kry. Sy was ook algehele wenner vir gedramatiseerde prosa vir Gr 8 - 12. Baie geluk, Joné, jy is ‘n ster!
Zanél de Ville gr 9 het ook die volgende uitstekende prestasies behaal by ‘n handvol kunstefeeste:
Noorderkruin Kunstefees: Gedramatiseerde Prosa A++ en 'n medalje, Karakteruitbeelding A++ en 'n medalje, Poësie A+
Centurion Kunstefees: Gedramatiseerde Prosa A++, Poetry (97%) A++ , Voordrag A++, Prosa lees A+
Impromptu Kunstefees: Poetry A++, Poësie A++! Absolut Zanel!
 
Redenaars
Baie geluk aan die volgende redenaars wat deurdring na die Gauteng-finaal van die Radikale redenaarsfees: Alicia Swanepoel, Marizel Steenkamp, Marné Kruger, Ulrich Lombard,Carissa van Aarde, Carmi Prinsloo, Lize Lombard en Nicola Serton. Sulke bekkies moet mos jêm kry!
 
 

NUUSBRIEFINSKRYWING

Naam:
E-pos:
 

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Kultuur


Musiekakademie

 

Menlo spog met sy eie musiekakademie in ʼn modern gebou deel van die skool.

 
Die missie van die akademie is om gehalte musiek toegangklik te maak vir almal en ʼn liefde vir musiek te kweek by die leerlinge wat hulle die res van hulle lewe sal bybly.
 
Die volgende instrumente word aangebied:
 
Klavier klassiek, Klavier Ligtemusiek, Teorie Gr 1 – 6 UNISA en Royal Schools, Klawerbord, Dwarsfluit, Saksofoon, Viool, Tjello, Klassieke kitaar, Kitaar, Akoestiese kitaar, Baskitaar, elektriese kitaar en sang.
 
Die akademie het ook 3 ensembles:
 
Simfoniese ensemble, Fluitekoor en koperblaasensemble. Lg. het verlede kwartaal ontstaan uit ʼn behoefte om saammusiek te maak. Daarom sal daar ook vanaf die derde kwartaal ook lesse gegee word in koperblaasinstrumente.
 
Die akademie berei leerlinge voor vir Eisteddfods, eksterne musiekeksamens en kompetisies. Ons spog elke jaar met puik uitslae en talle van ons leerlinge verskyn op Nasionale en Internasionale ererolle.
 
Ons is trots op ons span toegewyde personeel:
 
  • Benade, Nico  / Kitaar / 083 444 8133 / nicobenade@gmail.com
  • Bron, Ben / Klassieke kitaar / 083 501 4393 / b@libelle.co.za
  • Coetzer, Elza / Klavier Ligtemusiek en Keyboard / 082 583 6030 / elza@velvetsounds.co.za
  • Cooper, Bradley / Tromme / 082 954 1510 / bradleycoop@gmail.com
  • De Villiers, Braam / Saksofoon / 072 720 2865 / braamdev@mweb.co.za
  • Eksteen, Isabella / Sang / 082 8746863 / isabellaeksteen@gmail.com
  • Klopper, Trix / Klavier enGr 1 – 4 Teorie / 072 014 4763 / trixklopper@gmail.com
  • Le Roux, Adéll / Dwarsfluit / 083 270 9204 / adellleroux@yahoo.com
  • Loots, Philip / Vakmusiek 8, 9, 11 en 12 asook Gr 9 KK Musiek / 082 614 9415 / philiploots@worldonline.co.za
  • Mahne, Madaleen / Tjello / 083 446 7956 / madaleen.mahne@gmail.com
  • Maré, Colleen / Klavier en klawerbord (Vakleerlinge) Gr 5 en 6 UNISA en Royal Schools Teorie / 0836595708 / colmare@mweb.co.za
  • Meillon, Garth / Baskitaar / 072 149 3044 / garthomer@gmail.com
  • Pretorius, Lize-Marie / Viool / 082 872 7584 / LizeMarieP@gmail.com
  • Roux, Raoul / Kitaar / 082 351 1619 / Raoul@Blackfriday.co.za
  • Van der Berg, Leon / Kitaar / 0825639547 / gtrleon@gmail.com
  • Van Oostrum, Cornelia / Simfoniese ensemble / 082 412 170 / cornelia@oostrum.org 
  • Van Papendorp, JM / Vakmusiek 10, Gr 8 KK Musiek en Musiek 8ste vakke asook Koor / 082 781 7203 / jvp@telkomsa.net
 
Ons kitaar onderwyser meneer Raoul Roux is deel van die band Raoul & Black Friday. Hulle tree gereeld by gigs op en die Menloleerlige kan hulle prestasies en datums volg op RaoulandBlackFriday.com
 
DIt is ‘n voorreg om personeel te he wat nie net kan lesgee nie, maar ook kan optree!
 
Leerlinge word kwartaalliks geevalueer en elke kwartaal word met ʼn konsert afgesluit. Die Soiree Musicales het alreeds op 24 Maart plaasgevind en ons Winterkonsert is op 17 Junie in die tweede kwartaal. In Kwartaal drie vind die Lentekonsert plaas terwyl die Galakonsert in kwartaal vier sy buiging maak.
 
Benewens dié konserte hou elke personeellid ook aan die einde van kwartaal 2 en 4 hulle eie konserte om sodoende elke leerling ʼn geleentheid te gee om te speel. Aan die einde van kwartaal vier word leerlinge ook beloon vir harde werk deur die prysuitdeling van elke personeellid se konsert.
 
Ons musiek as keusevak beslaan ʼn groot gedeelte van die musiekakademie en ons spog met ʼn departement van oor die 60 leerlinge wat die vak neem. Ons is bevoorreg om Musiek, wat deel van die spiksplinternuwe VOO kurrikulum is, by Menlopark te huisves. Tans word die uitdagende leerinhoud aan graad 10 sowel as graad 11 leerders aangebied en is daarop gemik om leerders vir verskeie musiekverwante beroepe toe te rus. Aan die einde van 2008 is ons eerste groep graad 12 leerders die musiekindustrie ingestuur om dit met durf en daad aanpak. Die inhoud word in vier afdelings verdeel: musiekvoordrag, musiekkomposisie, musiekgeletterdheid en kritiese analise.
 
Musiekvoordrag behels die beoefening van ’n gekose instrument. Aandag word gegee aan die tegniese vervolmaking en artistieke ontwikkeling van elke leerder as solokunstenaar. Geleenthede word ook geskep waar ensemblewerk bestudeer word. Leerders word ook opgelei om konserte te beplan, te bemark en om self daarin op te tree.
 
Musiekkomposisie kan verdeel word in drie afdelings: improvisasie, musiekverwerking en komposisie. Hier word die spontane en kreatiewe deel van elke leerder gestimuleer en ontwikkel. Aandag word gegee aan ritmiese en melodiese improvisasie. Met behulp van tegnologie word musiekverwerking en komposisie ontwikkel.
 
In Musiekgeletterdheid word die lees en notering van musiek behartig. Nie-Westerse notasiesisteme word ook aan die leerder bekend gestel. 
 
Kritiese analise behels die lees, beluistering en analisering van verskillende komposisies uit verskillende kulture. Verskeie verteenwoordigende werke word in detail ontleed ten opsigte van genre, styl en struktuur. Ook word die ekonomiese siklus van die musiekindustrie behandel.
 
Voorwaar ʼn vak waar leerlinge ʼn familie vorm en saam musiek maak!
 
Die musiekakademie is geprivatiseer en die fooie is as volg:
 

DUUR VAN LES
             BETALING
 
EEN betaling per jaar
VIER betalings per jaar
TIEN betalings per jaar
60 minute
R7,585
R1,896
R759
45 minute
R5,689
R1,422
R569
30 minute
R3,793
R948
R379
Teorie 1 uur
R1,787
R447
R179
Teorie 45 min
R1,340
R335
R134
Teorie 30 min
R893
R223
R89
 
1 uur les + 1 uur teorie
R9,372
R2,343
R937
1 uur les + 45 min teorie
R8,925
R2,231
R893
1 uur les + 30 min teorie
        
 
R8,478
R2,120
R848
45 min les + 1 uur teorie
R7,476
R1,869
R748
45 min les + 45 min teorie
R7,029
R1,757
R703
45 min les + 30 min teorie
R6,582
R1,646
R658
30 min les + 30 min teorie
R4,686
R1,171
R469

 
 
Indien u die tien betalings opsie kies, is die datums van inbetaling die volgende:
 
 

Paaiement 1
28 Jan 2011
Paaiement 6
4 Junie 2011
Paaiement 2
4 Feb. 2011
Paaiement 7
4 Julie 2011
Paaiement 3
4 Mrt. 2011
Paaiement 8
2 Auch 2011
Paaiement 4
4 Apr. 2011
Paaiement 9
4 Sept. 2011
Paaiement 5
3 Mei 2011
Paaiement 10
4 Okt. 2011

 
Om ouers egter tegemoet te kom, is daar 3 wyses waarop die betaling kan geskied:
 

Eenmalig
Die volledige bedrag is voor of tydens die tweede les van die jaar betaalbaar.
In 4 paaiemente
Die 4 kwartaallikse paaiemente, soos aangedui in die tariewetabel, is telkens voor of tydens die tweede les van elke kwartaal betaalbaar.
In 10 paaiemente
Die 10 paaiemente is betaalbaar soos in die tarieftabel en op die datums soos uiteengesit.

 Kom word deel van die Menlo musiekgesin! Kontak die skool by 012-3617738.
 
 Bankbesonderhede van die skool
 
Rekeninghouer
Bank 
Takkode 
Rekeningnommer
Die Hoërskool Menlopark
Nedbank Business Pretoria
149745 (Vanaf Standard Bank – 14974500)
149 712 4069
 
 
 
Eisteddfod-uitslae: Musiek
 
Daar is al ‘n paar afdelings afgehandel van die Pretoria Eisteddfod en ek wil graag vir die volgende leerders geluk wens met hulle prestasies:
 
Naam van leerder
Simbool
Klavier Juniors
Jeannie Meyer
B+ en ‘n A
Ligte Musiek Sang
Talita Turvey
A en A++
Carina Rossouw
A++
Angela Korb
3 x A+’se
Leane Kock
4 x A++’se
Cara Pistorius
4 x A++’se
Nastasja Greyling
A+ en A++
Karla Wassenaar
2 x A+’se en 2 x A++’se
Bianca Breedt
A+
Simone Heystek
A+
Elmay Preller
4 x A++’se en 1 x A+
Elmien Slabbert
A+
Jana Janse van Rensburg
A
Hoërskool Vokaal
Cara Pistorius
A++
Leane Kock
3 x A+’se
Simone Heystek
3 x A+’se
Bianca Breedt
2 x A’s
 
Leane het ook deelgeneem aan die Krans-Klanke Sangkompetisie en is as die Algehele wenner aangewys in die afdeling 12 – 17 jaar.
 
Cara is genooi na die wennerskonsert van die Eisteddfod met haar eie komposisie en dring deur na die Provinsiale Finaal van die Rekord Voce Kompetisie wat op 14 Augustus plaasvind.
 
Baie geluk aan al die leerders en die onderwysers betrokke!
 

 

Unisa:  Teorie-uitslae

  • Willem de Beer   gr 5 Unisa  183/200 = 91.5% lof
  • Simone Heysteck  gr 5 Unisa  136/200 = 68% slaag
  • Chene du Toit  gr 5 Unisa   182/200 = 91% lof
  • Nicola Snyders  gr 5 Unisa   161/200 = 80.5% lof
  • Jarred vd Westhuizen gr 5 Unisa  131/200 = 65.5% slaag
  • Anike Stander  gr 5 Unisa  161/200 = 80.5 lof
  • Leandri Crouse  gr 6 Unisa vraestel 1 60%  slaag
  • Leandri Crouse   gr 6 Unisa vraestel 2 64%  slaag

 2011

Die jaar het sommer op ‘n musikale noot begin en talle Menlomusici ontvang kleure en erekleure opgrond van prestasies gelewer in 2010.

Kleure vir musiek
Monique Swanepoel
Nastasja Greyling
Altus Bischoff
Talita Turvey
Andrea Meyer
 

 
Erekleure vir musiek
Mariëtte Spoelstra
Lynette Boshoff
Erika Buhrman
Chené du Toit
Marne Swart
Bernard van Rensen
Robert van Anraadt
Anike Stander
Carina Heymans
Melorie van der Klashorst
Inneke Kerling
Elani Meyer
Karlien Botha
Simone Heystek
Tarien Conradie
Antoinette van Wyk
Jarred van der Westhuizen
Leane Kock
Leandri Crouse
Angela Korb
Cara Pistorius
Carmen van Rensen
Hulda Viljoen
Marique Viljoen
Nadia Schonfeldt
 
Die volgende leerlinge verskyn op die UNISA se Nasionale Ererol van uitblinkers met hulle puik teorie uitslae:
Carina Heymans, Robert van Anraadt, Marique Viljoen en Marne Swart.
Die musiekakademie is ook volstoom aan die gang en praktiese sowel as teoretiese klasse word aangebied. Die akademie is vir oud en jonk wat ‘n liefde en passie vir musiek het. Ons personeelspan is van hoogstaande gehalte. Kontak ons gerus as jy wil deel word van dié Absoluut Menlo Musiekfamilie.

Naam
Instrument
Benade,Nico
Kitaar
Bron, Ben
Klassieke kitaar
Coetzer, Elza
Klavier Ligtemusiek
Keyboard
Cooper, Bradley
Tromme
De Villiers, Braam
Saksofoon
Eksteen, Isabella
Sang
Klopper, Trix
Klavier
Gr 1 – 4 Teorie
Le Roux, Adéll
Dwarsfluit
Loots, Philip
Vakmusiek 8, 9, 11 en 12
Gr 9 KK Musiek
Mahne, Madaleen
Tjello
Maré, Colleen
Klavier en klawerbord
(Vakleerlinge)
Gr 5 en 6 UNISA en Royal Schools Teorie
Amptelike Begeleier van die Musiekdepartement.
Meillon, Garth
Baskitaar
Pretorius, Lize-Marie
Viool
Roux, Raoul
Kitaar
Van der Berg, Leon
Kitaar
Van Oostrum, Cornelia
Simfoniese ensemble
Van Papendorp, JM
Vakmusiek 10 en Gr 8 KK Musiek
Musiek 8ste vakke
Koor

Die simfoniese ensemble is onder leiding van Cornelia van Oostrum en die ensemble maak musiek vir enige geleentheid. Hulle tree gereeld op by musiekaande en ander skoolfunksies.
Die fluitekoor is onder leiding van Adell le Roux en is al twee keer aangewys by die Pretoria Eisteddfod as kategoriewenners.Van Bach tot Queen, hulle is Absoluut Musiek “Mean”! 
Ons is tans besig met die stig van ‘n koperensemble. Daar word met groot afwagting na die koperklanke uitgesien in die tweede kwartaal. Leerlinge ontvang in groepsverband gratis lesse en is dan outomaties deel van die ensemble. Mnr Philip loots gaan die septer swaai vir die nuwigheid in die musiekgebou!
Die Pretoria Eisteddfod is in Meimaand en talle leerlinge, die fluitekoor en  koor is daarvoor ingeskryf. Leerlinge gaan hulle Menlo slag wys in verskillende kategorië en ons sien uit, soos ouder gewoonte, na PUIK uitslae.

 

 

Top uitslae van Pretoria Eisteddfod

Nicola Snyders, Gr.11, is aangewys as kategoriewenner in die Graad 6-klavier eksamen (modern)

Leandri Crouse, Gr. 11, is kategoriewenner in twee afdelings:  Klavier Snelstudie en Bladlees (16 en jonger). Sy het ook A+ vir klavier romanties (16 jaar en jonger) en 'n A vir haar programuitvoering.

Andrea Meyer (gr. 10) is kategoriewenner van die klavierkategorie se Barok (16 jaar en jonger)-afdeling.

Ivan Ackermann (gr. 8) sorg ook vir goeie uitslae:

Eksamen Gr 5 Voorklassiek: A++ (Kategorie-wenner)
Eksamen Gr 5 Klassiek : A++
Eksamen Gr 5 Jazz: A++ (Kategorie-wenner)
Duet 14/o : A++
8-Hand 14/o: A+ (Kategorie-wenner)
Voorklassiek: A+
Romanties : A+

Inge en Minette de Waal wen die Fluitekoor-kategorie met ‘n A+. Hulle behaal A++ en is kategoriewenners in DRAMA vir Gr10 en 11 samespraak.

Die fluitekoor is kategoriewenners met ‘n A+ n die Ligtemusiek afdeling instrumentaal.