MENLO-AKADEMIE TOPS met 790 A’s!
Die 2010-matrikulante van Die Hoërskool Menlopark spog met van die beste uitslae in Gauteng. Die 250 kandidate het altesaam 790 vakonderskeidings behaal en ‘n 99.6% slaagsyfer. Die skool ontvang ’n erkenningsertifikaat vir die skool wat op akademiese gebied 2de plek op die akademiese TOP 10 skolelys in die provinsie beklee.
Ons toppresteerders Werner Pansegrouw sluit 2010 af met 10 A-simbole en Hanel Duvenhage kan 8 onderskeidings agter haar naam skryf. Petrone Bezuidenhout, Connie Bloem, Liza Janse van Rensburg, Liezl Retief, Herman Strauss en Mechiel Nieuwoudt het elk 8 A-simbole behaal.
15 Parkies verwerf elk 7 onderskeidings,
29 Parkies behaal 6 onderskeidings
18 Parkies het elkeen 5 onderskeidings behaal.
26 Parkies behaal 4 onderskeidings.
In Afrikaans is 97 A’s behaal. Wiskunde volg met 73, Lewenswetensakppe 53, Fisiese Wetenskappe 52, Rekeningkunde 35, onderskeidings. In ander vakke is daar ook goed presteer met onder andere 17 in Kuns, 25 vir Ingenieursgrafika en ontwerp, 12 in Informasie-tegnologie en 16 in Duits. Die res van die onderskeidings is versprei oor al die ander vakke. Die gemiddeld wat in elke vak behaal is, is ook ver bo die gemiddeldes wat provinsiaal en nasionaal bereik is. Ons is trots op ons baie vakgemiddeldes van 70% en hoër!
Werner Pansegrouw eindig in Alpha-Wiskunde onder die Top 5-presteerders in Gauteng met 96%. Werner is ook die 2de beste presteerder in Gauteng met `n gemiddeld van 95,1 vir al sy vakke.
Hierdie prestasies bewys weer dat die akademiese opleiding aan Die Hoërskool Menlopark van hoogstaande gehalte is. Nie net enkele uitstaande kandidate behaal prestasies nie, maar elke leerling word die geleentheid gebied om sy/haar potensiaal te bereik.215 Parkies sluit hule skoolloopbaan af met ’n A-simbool! WAT ‘N LEKKER SPANPOGING! Baie dankie aan die 2010- Menlo-sterre en hulle Menlo-onderwysers wat voorwaar ‘n span sonder weerga is!
