Menlo-Leierakademie
Die Hoërskool Menlopark glo daarin om elke leerder die maksimale geleenthede te bied om optimaal te ontwikkel.
Die volgende leierskapsontwikkeling-geleentheid is 16 Maart om 18:00 in die ouditorium.
Die tema is: Prioriteite - die sleutel tot leierskap.
Menlo bied aan elke Menlo-man en Menlo-meisie die geleentheid om fisies, geestelik, emosioneel en verstandelik te ontwikkel deur die uitbouing van kommunikasievaardighede, entrepreneurskap en die ontwikkeling van leierskap.
Die Menlo-Leierakademie verwelkom enige leerling wat ’n behoefte het om homself te ontwikkel. ’n Innoverende en kreatiewe sillabus word gevolg wat elke jaar verander na die gelang van verskillende behoeftes ten opsigte van verskillende rade, komitees of leierskapgeleenthede soos die van sportkapteine.
Verder staan die Menlo-Leierakademie bankvas agter sportspanne, kultuurrade en verskeie komitees. Verskeie lesings, persoonlikheidstoetse, breinprofielontledings, spanbounaweke en kampe word deurlopend aangebied.
Die leierskapstruktuur van die Hoërskool Menlopark bestaan uit:
- ’n Matriekraad (gr.12-leerders)
- ’n Parkieraad (gr.8-12 leerders, wat hulle klas en graad verteenwoordig)
- Dirigente (gr.12-hoofgeesblasers)
- Rasieleiers (gr.8-11 leerders wat verantwoordelik is vir die verskillende graadgroepe se gees)
Hoogtepunte op die algmene ronde tafel
- ETIKET (Gesonde goeie maniere, groet…)
- VOORKOMS (By die skool, gemeenskap…)
- DISSIPLINE (Selfdissipline, in skool, by die huis…)
- TOESPRAKE (Publieke toesprake, voor die skool, voor onnies…)
- KONFLIK
- VERANTWOORDELIKHEID (As leier, as leerder, as burger…)
- CHRISTELIKE LEIER
- EK IS ‘N TIENER EN ‘N LEIER
- MMM (Menlo-Madiba-Manier) 8 reëls van Nelson Mandela
- MENLO WAARDES (Respek lojaliteit, ywer, integriteit)
- BREINPROFIELE
- PERSOONLIKHEIDSTIPES
- ROLLE VAN SEUNS/MANS IN MODERNE SAMELEWING
- ROLLE VAN MEISIES/DAMES IN MODERNE SAMELEWING
- LEIERSKAP IN ‘N MULTI-KULTRUELE SAMELEWING
- EK AS LEIER: DIE ONDERWYSER-LEERDER VERHOUDING
- MISBRUIK VAN MY MAGSPOSISIE
- LEIER OP DIE SPORTVELD
- ORGANISASIE
- WAT MAAK EK AS… (gevallestudies)
Parkieraad-fokus
Graad 8
- Funksionering as ‘n span
- Konflikhantering
- Ontdek jouself
- Persoonlike missie en visie en doelwitte
Graad 9
- Denkpatrone
- Kommunikasie
- Lokus van kontrole
- Probleemoplossing
Graad 10
- Besluitneming
- Openbare optrede
- Motivering
- Projekbestuur
Graad 11
- Bestuur van verandering
- Strategiese beplanning
- Tydsbestuur
- Vergaderingsprosedures
