Menlo-redenaars en Debat
Debatvoering en die redenaarskuns is ‘n groot prioriteit vir die skool. Meer as honderd van ons leerlinge in alle grade neem jaarliks deel aan een of ander vorm van die debatteer- of redenaarskuns. Deelname is in Afrikaans en Engels en tweetalig. Ons is gereeld die streek-, provinsiale en nasionale wenners van kompetisies. Parkies wat die skool verlaat, is opgelei om in die buitewêreld hul woord te kan doen en standpunt in te neem.
- Deelname aan die Pretoria Hoërskole Redenaarsfees en ATKV-kompetisie
- Beste Algehele Junior Redenaar 2008 is ‘n Parkie
- Beste Spanredenaars: Arikaans 2008 en in 2009 naaswenners
- Beste Tweetalige Redenaars
- Onvoorbereideredenaars-kompetisie
Daar spring ons sommer dadelik al weg met die redenaars van 2012.
Gedurende die eerste kwartaal neem die redenaars aan die Van Huyssteens Oratorsfees deel. Die fees bestaan slegs uit ONVOORBEREIDE toesprake.'n Heel ander formaat as gedurende 2011.
Met die oog hierop is die interne uitdunnes reeds vroeg geskeduleer. Die inligting vir hierdie uitdunne is as volg:
Seniors - Gr.10-12 : soos in die werkplan aangedui - 23 Januarie en 25 Januarie (indien nodig), 17:00 - 18:00 in die ouditorium.
Redenaars ontvang 8 onderwerpe waarvan hul 2 trek en dan slegs 1 kies.
Die inleiding, inhoud en slot word in die voorportaal beplan en dan kom elkeen aan die beurt.
Juniors - Gr.8,9 : soos in die werkplan aangedui - 30,31 Januarie 2012 in die ouditorium vanaf 17:00 - 16:00. Bogenoemde verloop, geld ook vir die juniors.
Hierdie kompetisie vind op 16-19 April 2012 te Woodhille College plaas. Daar sal 3 kategorieë wees : Spanne, individueel en individueel tweetalig. 1 Span en 1 individuele spreker gaan per graad en per taal aan die kompetisie deelneem. Leerders mag nie op een dag aan beide spanne en individuele items deelneem nie.'n Skool mag slegs een span en een individu per graad per taal inskryf.
Tye : 14:00 - 20:30. Tye vir die lewering van die praatjie : spanne 8-11 minute, individueel 3-5 minute. Die voorbereidingstyd sal 1 uur per span en 30 minute per individu wees. Graad 8-leerders mag deur 'n senior leerder bygestaan word. Hulpmiddels is toelaatbaar.
Na afloop van 2 geleenthede waarby die skool se afrigters kursusse bywoon, sal die redenaars deeglik onderlê word en alle hulp en raad ontvang.
Mag dit 'n suksesvolle jaar wees met dieselfde skitterende prestasies as in 2011.
Vir enige verdere inligting kontak Me.Le Roux : 361-7833 of amanda.leroux@menlopark .co.za.
ATKV-Tienertoneel
Ons het hierdie jaar DRIE tonele wat besig is om te oefen - die meeste wat Menlopark nog ingeskryf het! Juf Müller regisseur een toneel, naamlik Alkoholiste Anoniem (deur Pierre-André Viviers) en die ander twee tonele oefen onder leiding van juf Ursula en Elmi by die naskoolse Drama-akademie.
Alkoholiste Anoniem oefen elke Woensdagmiddag van 5-7pm in die Blou Teater.
Pretoria Eisteddfod: Drama
Vanjaar kom meer as 40 inskrywings by dié kompetisie van Menlopark af! Vanaf 3 Mei neem leerders daagliks deel aan items in Afrikaans en Engels - van gedramatiseerde prosa en poësie tot dialoë en bladlees. Hou die web dop vir die uitslae!
Kreatieweskryfgroep
Ons groep vir leerders wat in die skryf van tekste (in enige vorm – kortverhale, jeugverhale, gedigte, draaiboeke, ens.) belangstel, kom op 4 Februarie in die mediasentrum bymekaar. Ons beplan ‘n opwindende jaar van skryf.
Leerders word aangemoedig om te skryf in die genre wat hulle verkies. Ons bespreek probleme wat hulle ondervind asook die tegniese aspekte van skryf.
Daar is heelwat kompetisies waaraan ons gedurende die jaar wil deelneem. Ons nooi ook elke termyn ‘n bekende skrywer om as spreker op te tree en vir wie hulle dan kan vrae vra.
Junior Stadsraad
Die Hoërskool Menlopark lewer jaarliks ook lede vir die Pretoriase Junior Stadsraad
op wat op hulle onderskeie terreine ‘n groot bydrae tot die gemeenskap help lewer. Vir die tweede agtereenvolgende jaar is n Park bevoorreg om Pretoria se Junior Burgemeester te wees.
Charné van Biljon is ons nuwe Graad 11-verteenwoordiger en André Pretorius ons gr 10-verteenwoordiger.
Ampsdraers vanuit Menlo
- 2007/2008 Hester Barnard Junior Burgemeester van Pretoria
- 2008/2009 Anika Viljoen Junioer Burgemeester van Pretoria
- 2009/2010 Reneé Barnard Onderburgemeester van Pretoria
Menlovaria
Menlovaira is meer as ‘n konsert; is meer as ‘n kunswedstryd. Dit is die vertoonvenster van ons eie uitvoerende kunstenaars en terselfdertyd ‘n leerskool vir toekomtige professionele uitvoerende kunstenaars. Dit neem die vorm aan van ‘n weeklange kunstefees.
Afdelings waarin meegeding word
- Redenaars en Debat
- Dans
- Musiek
- Gesigverfkompetisie
- Lyfskilder
- Fotografie
- Potjiekoskompetisie
- Gala-aand met uitblinkers
- Kunskafees in pouses
Drama-Akademie in die Blou Teater
- Eie teater op die skoolterein
- Individuele sessies
- Jaarlikse graad-produksies (Gr 8 – Gr 12)
- Drama as akademesie vak
- Eisteddford-deelname
- Kabaretaande in samewerking met Cuisine le Parc (ons eie restaurant)
Menlo-kuns
- Jaarliks: Reusekunsuitstalling geopen deur internasionaal-gerekende kunstenaars
- Wenner van Pretoria News se Design an Ad-kompetisie (Jaarlikse wenners en in 2008 ook algehele wenner)
- Verskeie kompetisiewenners
Duits en Frans
- Leerlinge wat Duits en Frans neem, skakel in by verenigings om werklik die taal te beleef. Die Duits en Frans verenigings spits hulle daarop toe om die leerlinge praktiese taalgebruik te leer.
- Jaarliks vind daar ‘n uitruil met Duitse studente plaas.
- Die buitelandse toer na Frankryk is ‘n ondervinding wat die leerlinge nie graag misloop nie.
Voortrekkers
Daar is ‘n baie lewendige Voortrekker-kommando waaraan Parkies kan behoort. Dit is hoofsaaklik die ouers wat die leisels hier neem en relevante opleiding en rigtinggewende opvoeding aan die Parkies gee. Albie die hoofleiers van die Oord waarbinne ons kommando val, is in 2001 leerders van Die Hoërskool Menlopark.
Baie geluk aan die volgende Voortrekkers wat as Presidentsverkenners verkies is:
Grant Cameron-Ellis, Jacques de Villiers, Jani Doms, Karla Grobler, Sias Mulder, Magrietjie Pelser en Pieter Scribante.
Baie geluk ook aan die Hoofleierswag se Menlo-manne en Menlo-meisies:
Charles Steyn,Cobus Bekker, Laurens Bekker, Julana Johannes, Madelein Karsten, Kevin Saunders, Tharin vd Merwe en Willem Wannenburg.
JIVE (Jesus is vir ewig)
Binne die Christelike etos van ons skool, is hier ‘n steeds groeiende VCSV-tak. Gereelde kampe en Jeugfeeste word gereël of ondersteun. Gospelgroepe tree gereeld by samekomste van JIVE op. Gedurende die Jesusweek vind verskillende aktiwiteite plaas wat deur die JIVE-bestuur gereël word.
Eggo-skoolkoerant
Die Hoërskool Menlopark gee ‘n weeklikse nuusbrief, Menlo-Insig, uit en ‘n eie skoolkoerant, die EGGO, een keer per kwartaal.Die Eggo het ook sy eie redaksie waar leerlinge opgelei word om ook hul plek in die joernalistiek vol te staan.
Parkies maak self ‘n informele digitale jaarblad en vervaardig ook jaarliks ‘n Menlo-video vir die afskop van Liefdadigheidsweek en ander skoolaktiwiteite.
