Woensdag, 1 Februarie 2012
Menlo 1stes vs Centurion (weg)
Menlo o/15A vs Wonderboom (tuis) 
 
Donderdag, 2 Februarie 2012
Menlo 2des vs Uitsig (weg)
 

Menlo se Regardt Verster saam met Graeme Smith 

 
 

 

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Sport


Krieket

Krieket by die Hoërskool Menlopark het die afgelope paar jaar sedert sy stigting ‘n hoogtepunt bereik en ‘n standaard van uitnemendheid  gevestig. ‘n Opwindende krieketkultuur, gebou op sterk waardes, dissipline en krieket-etiket word gehandhaaf. In die proses het krieket ‘n ongekende groei getoon in getalle, gerugsteun deur  moderne tegnologie en top-afrigters. 
 
Arno van Wyk (hoofbestuurder), Petrus Coetzee (hoofafrigter) en die spanafrigters is tans betrokke by 120 krieketspelers. Die totale benadering is om elke kind te help ontwikkel en geleenthede te gee, maar ook om talentvolle spelers verder te ontwikkel. Verdere blootstelling sluit jaarlikse binne- en buitelandse toere in vir alle junior en senior spanne. Die benadering is om ook geselekteerde individuele spelers die geleentheid te gee om oorsee te speel.
 
Fasiliteite
 
Puik fasiliteite soos ‘n moderne klubhuis met binnenshuise-nette en ‘n krieketwinkel, ‘n besprekingslokaal met die mees moderne tegnologie, 10 krieketnette en ‘n groot  krieketovaal is in gebruik. Afrigting by Die Hoërskool Menlopark is verder ontwikkel met die aanbou van ‘n oudiovisuele kamer vir tegniese analise van spelers. Tans ontvang meer as 84 provinsiale krieketspelers tegniese analises by Die Hoërskool Menlopark. Hoë kwaliteit krieketspreiligte is pas aangebring.
 
Afrigting
 
Om optimale blootstelling in afrigting te bied, word alle afrigtingsessies vooraf beplan. ‘n Volledige program word vir alle groepafrigting beplan en sluit in sessies by ‘n verskeidenheid van fasiliteite asook tegniese beplanning van elke individu wat gimnasiumwerk, teorie en konstante evaluering insluit.
 
Individuele aandag is ook aan die orde van elke kwartaalprogram en spelers word individuele afrigting aangebied wat deur die gekoöpteerde afrigters of spesialiste vir addisionele advies behartig word. Die sessies sluit ook video-analises en konstante wedstrydsimulasies in.
 
Daar word deurgaans spesialisaktiwiteite vir ons seuns gereël. Spesialisklinieke word op ‘n gereelde basis deur hoogs gekwalifiseerde afrigters vir ons seuns aangebied en ons konsentreer veral op gebiede soos kolfwerk, draaibalboulwerk, naatboulwerk en paaltjiewagterskap. Op die spesialisgebied is dit ook vir ons belangrik om alle belangstellende ouers betrokke te kry deur georganiseerde forums vir ouers aan te bied, sodat almal op hoogte van sake is van alle nuwe krieketinligting.
 
Uiteindelik gaan die MCC se diens oor een aspek, en dit is afrigting. Konstante verbeterings en die nuutste tegnologie in afrigting word deurgaans aan ons seuns deurgegee. Afrigting is vir alle afrigters ‘n passie!
 
Huidige afrigtingspan
 
Afrigters
 
Slegs hoëprofiel-afrigters word deur die MCC gebruik en daar is tans 11 afrigters wat almal oor vlak 2, 3 of 4-kwalifikasies beskik. Die afrigtingspan lyk soos volg:
 
  • Arno van Wyk (Hoofbestuurder): VLAK 3-AFRIGTER
    Provinsiale afrigter van verskeie ouderdomme.
    Standard Bank Northerns o/13-afrigter
    Drie senior klubs afgerig
    Northerns o/19-spanbestuurder en -keurder
    Stigter van verskeie akademies
     
  • Petrus Coetzee (Hoofafrigter): VLAK 3-AFRIGTER
    WP o/15-streekafrigter en WP o/15-keurder
    Kriekethoof – Fairbairn College (Kaapstad)
    Speler/afrigter – Bradninch Cricket Club (Devon, Engeland) – Wenner van Francis Clarke Devon Trofee
    Northerns o/15-afrigter en -keurder
     
  • Aldin Smith (vlak 3-afrigter)
  • Divan Coetzee (vlak 2-afrigter)
  • Henk Klopper (vlak 2-afrigter) 
  • Stephen van der Berg (vlak 2-afrigter)
  • Henk Coetzee (vlak 2-afrigter)
  • Alnick van Zyl (vlak 2-afrigter)

TOERE EN ADDISIONELE BLOOTSTELLING

Oorsese-toere word elke tweede jaar onderneem.
 
o/14’s:
Durbantoer jaarliks gedurende September
Trinity House Johannesburg-krieketfees
 
o/15’s:
Kaaptoer jaarliks in September waar ons speel teen Bishops, Paul Roos, Rondebosch Boys’, Wynberg Boys’, SACS en Paarl Gimnasium.
 
1ste XI:
Paul Roos Festival
Cornwall Hill Festival
Binnelandse toere na Durban/Bloemfontein
Huisvesting van toere van Kaapse skole
Jaarlikse derbies
 
KWALIFISERING VAN DIE MCC KLUBHUIS-EREROLLE
 
Die MCC-klubhuis beskik oor gesogte ererolborde wat deel uitmaak van die uitsonderlike prestasies en geskiedenis van die MCC. Om in aanmerking te kom vir ‘n speler se verskyning op die bord, word die volgende kriteria gebruik soos bepaal deur die MCC- komitee:
 
Honderdtal-bord: 
Slegs spelers wat die uitsonderlike prestasie behaal om ‘n 100-tal op die MCC-ovaal aan te teken en in ‘n offisiële O/14A; O/15A en Senior oop eerstespan speel, sal die voorreg geniet dat sy naam, telling en datum op die bord aangebring word. Dit sluit opponente in.
 
5-Paaltjiesbord:      
Slegs spelers wat die uitsonderlike prestasie behaal om 5 paaltjies of meer in een wedstryd op die MCC-ovaal te behaal en in ‘n offisiële O/14 A; O/15 A en Senior oop eerstespan speel, sal die voorreg geniet dat sy naam, syfers en datum op die bord aangebring word. Dit sluit opponente in.
 
Driekunsbord:        
Enige speler wat die uitsonderlike prestasie om ‘n driekuns op die MCC-ovaal te behaal, sal die voorreg geniet dat sy naam en datum op die bord aangebring word. Dit sluit opponente in.
 
1ste XI-Kapteinbord:
Die MCC se 1ste XI-kaptein vir die betrokke jaar se amptelike skoolseisoen sal die voorreg geniet dat sy naam en jaar op die bord aangebring word.
 
Provinsiale bord:    
Enige speler wat die uitsonderlike prestasie behaal om offisiële provinsiale of nasionale kleure te verwerf, sal die voorreg geniet dat sy naam en jaar op die bord aangebring word.
 
Trofeebord: 
Enige trofee wat deur enige MCC-span gewen word, sal met die jaartal op die bord aangebring word.
 
Dit is tradisie by die MENLO-KRIEKETKLUB dat daar bome vir uitsonderlike prestasies op die MENLO KRIEKETKLUB-ovaal geplant word. Spelers wat vir die 1ste XI-tal van Menlopark 5 paaltjies in ‘n beurt of meer, of honderdtalle aanteken, kry ‘n boom wat om die ovaal geplant word.
 
Kontakbesonderhede
 
Vir enige navrae kan u ons gerus skakel
 
Telefoon en  faks
012 361 3805
 
Algemene inligting
Petrus Coetzee
(Hoofafrigter)
083 265 1488
petrus@menlopark.co.za
Individuele afrigting
Krieket by Menlopark
Bestuur en administrasie
Algemene Inligting
Arno van Wyk
(Hoofbestuurder)
083 469 9992
Bemarking
Algemene inligting