Absolut Kunstefeeste!

Joné Oosthuizen (gr 8) het die Geneé Dance Challenge se streekskompetisie gewen. Dit is 'n kompetisie wat deur die Royal Academy of Dance op provinsiale vlak gehou word as deel van die groot International Genee kompetisie wat hierdie jaar, vir die eerste keer in die 70jaar van die kompetisie, in Suid-Afrika (in Kaapstad) gehou word. Die Geneé is die wêrelbeker vir ballet! Deurdat sy hier gewen het, gaan sy Gauteng verteenwoordig by die nasionale kompetisie op  Saterdag 8 Oktober. Absolut Joné!
Joné het  ook in die Drama-afdeling van die Afrikaanse Kunsvereniging se kunswedstryd skoonskip gemaak vir graad 8: sy wen letterlik AL die afdelings waarin sy deel-neem, nl. Gedramatiseerde prosa, gedramatiseerde poësie, monoloog, poësie, prosa en die voordrag-konsertprogram. Sy is aangewys as afdelingswenner in al hierdie afdelings waarin sy die A++ met die finalis medalje kry. Sy was ook algehele wenner vir gedramatiseerde prosa vir Gr 8 - 12. Baie geluk, Joné, jy is ‘n ster!
Zanél de Ville gr 9 het ook die volgende uitstekende prestasies behaal by ‘n handvol kunstefeeste:
Noorderkruin Kunstefees: Gedramatiseerde Prosa A++ en 'n medalje, Karakteruitbeelding A++ en 'n medalje, Poësie A+
Centurion Kunstefees: Gedramatiseerde Prosa A++, Poetry (97%) A++ , Voordrag A++, Prosa lees A+
Impromptu Kunstefees: Poetry A++, Poësie A++! Absolut Zanel!
 
Redenaars
Baie geluk aan die volgende redenaars wat deurdring na die Gauteng-finaal van die Radikale redenaarsfees: Alicia Swanepoel, Marizel Steenkamp, Marné Kruger, Ulrich Lombard,Carissa van Aarde, Carmi Prinsloo, Lize Lombard en Nicola Serton. Sulke bekkies moet mos jêm kry!
 
 

NUUSBRIEFINSKRYWING

Naam:
E-pos:
 

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Kultuur


Koor

 

Ons is baie trots op ons koor se puik prestasies verlede week by die Pretoria Eisteddfod. Hulle behal ‘n A++ en A+ in hulle twee programme en word weereens vir die negende keer aangewys as die beste gemengdekoor van die Eisteddfod. Hulle word dan ook weer na die wennerskonsert genooi waartydens hulle die skild terugbring waar hy al jaar na jaar sy ereplekkie het in die trofeekas van Menlo. Welgedaan Engele! Julle sang maak ons Menlo-harte baie trots!

Na die rowwe week van Eisteddfod het die koor ook nog Saterdagaand 14 Mei gesing by UP se jaarlikse Canta Tuks koorfees vir jeugkore. Ons was die enigste skoolkoor wat die Saterdagaand die verhoog gedeel het met jeugkore en die UP Camerata. Na aanleiding van hulle optrede en die applous van die gehoor is daar net weereens besef dat ons koor op so ‘n hoë vlak funksioneer en vir geen jeugkoor terugstaan nie.

Ons wens die koor BAIE sterkte toe vir Saterdag 21 Mei wanneer hulle gaan deelneem aan die ATKV Streeksuitdun. Ons hou duim vas en weet dat dit baie goed sal gaan. Die uitdun begin om 18:30 en vind plaas by AHS se skoolsaal. Kaartjies is by die deure beskikbaar @R30 per persoon.

In die afgelope 12 jaar het die koor bekend geword as een van die beste gemengde skoolkore in Gauteng en ook Suid- Afrika. Hulle is al sedert 1996 onder die bekwame leiding van Jeanmari van Papendorp.Die koor tree gereeld by koorfeeste, eredienste en ander geleenthede op.
 
  • Konserttoer na die KKNK 1998
  • Paaskonserte en Kerskonserte in samewerking van Salonmusiek:
    • 2003, 2004, 2005, 2008 en 2010.
    • Die repertorium van die konserte het van die grootste skatte in die koormusiek bevat, Handel se Messias, die oratoriums van Bach en dele uit die Mozart en Brahms Requiems.
  • In 2005 voer hulle die Misa Criola van Ramirez op met Sydwill Hartman as solis.
  • As deel van RSG se kerskonserte in 2006 en 2007, waarvan die dvd landswyd te koop is.
 
Op kompeterende vlak neem die koor jaarliks aan die Pretoria Eisteddfod en Nasionale ATKV koorkompetisie deel en behaal die volgende topprestasies:
 
  • Beste gemengde skoolkoor van die Pretoria Eisteddfod:
  • 1996, 1997, 1998, 1999, 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2008, 2009 en 2010.
  • In 2010 word hulle aangewys as die beste koor van die hele Eisteddfod.
  • In die afgelope 14 jaar wat die koor aan die ATKV koorkompetisie deelneem op Streeksvlak het hulle al 13 goue toekennings ontvang.
  • Daarmee saam haal hulle die Nasionale Finaal al 9 jaar en word as die beste gemengde koor nasionaal aangewys in 1999, 2001, 2002, 2003, 2004, 2005, 2006, 2008 en 2009.
 
 
Hulle onderneem hulle eerste buitelandse toer in 2008 waar hulle aan die World Choir Games in Graz, Oostenryk deelgeneem het. Tydens die kompetisie kwalifiseer hulle in die afdeling gemengde jeugkore met ‘n goue toekenning. Hulle bereik die finaal as 1 van 20 kore en kom 8ste in die wêreld in die afdeling gemengde jeugkore.
 
In 2010 het hulle die tweede keer Europse waters aangedurf met ‘n kompetisie in Brataslava. Daar het hulle in 3 kategoriee gesing. In elke afdeling behaal die koor 2de plekke (90%, 90% en 88%) en ontvang ‘n spesiale toekenning vir vertolking van ‘n eksperimentele werk.
 
Die koor se sukses word toegeskryf aan harde werk en soos dit in ons visie saamgevat word:
 
Menlo-koor se visie
 
Ons koor wil graag met elke noot ons harte  en ons liefde vir musiek deel met ander - ons hoop om met ons sang ander se harte aan te raak op ‘n blywende manier net soos elke lied ook ons eie harte laat juig van dankbaarheid, verwondering en lewenslus. Ons  sing  met passie om ons liefde vir musiek te ontwikkel, ‘n waardering van musiek ‘n integrale deel van ons lewe te maak en om ons harte op so ‘n manier met elkeen wat na ons luister te deel, dat ons ‘n netwerk van koorvriende oor die wêreld versamel. Ons wil graag dat elke delikate noot wat in perfeksie deur ons lippe weerklink iemand betower met die skoonheid van musiek en sang. Ons sing  as koor saam  om ander met ons Godgegewe talent te bereik en as ‘n as persoonlike  viering van hierdie talent. Deur ons vorming en ontwikkeling as koor  leer ons ‘n positiewe, gedissiplineerde houding en leefstyl  aan wat ons lewenslank sal vergesel.  Ons tree nasionaal en internasionaal op en elke optrede bied  ook aan ons die geleentheid om met trots  as ambassadeurs van Die Hoërskool Menlopark op te tree en nie net ons koor se harte met ander te deel nie, maar ook ons skool s’n.  Excelsa Petamus!
 
En soos ons leuse sê:
 
Musica laudate de corde
Music from the heart
 
 
Kinderkoor 

3 van ons leerlinge, 2 van hulle is in die Menlokoor, is gekies om tydens ide Huisgenoot Skouspel Aan die einde van die jaar op te tree as lede van die Jakaranda Kinderkoor. Baie geluk:
Yolandi van der Merwe Gr 10
Talita Turvey Gr 9
Mieke Ferreia Gr 8

Koorafsluiting

 
Tydens die koorafsluitingkonsert verlede Donderdag, is die volgende toekennings gemaak:
Sopraan van die jaar = Menlorie van der Klashorst
Alt van die jaar = Annette van Zyl
Tenoor van die jaar = Sias Mulder
Bas van die jaar = Pieter Scribante
Koorlid van die jaar = Willem Wannenburg