Menlo-swem

Michee deel van SA-nasionale swemvrouespan

Michée van Rooyen is gekies om deel te wees van die SA-nasionale vrouespan om Suid-Afrika te verteenwoordig by die wêreldkampioenskappe in Budapest vanaf 23-30 Julie, as reserwe.

Sy swem ook ‘n plek vir haarself oop in die SA-Jeugspan.

Dehanke is absolut lewensredder!

Dehanke van Rensburg (graad 10) het die afgelope naweek aan Noordwes Lewensredding se provinsiale kampioenskappe hier in ons eie Menlo-swembad deelgeneem. Sy behaal ‘n asembenemende 6 eersteplekke! Baie geluk Dehanke!

Bernard deel van SA-swemspan!

Bernard Becker (graad 10) is gekies om as deel van die SA-swemspan te gaan deelneem aan die Junior Afrika Swemkampioenskappe vanaf 28-31 Maart 2017 in Kaïro, Egipte. Hy is een van slegs twee seunswemmers in die land in sy ouderdomsgroep wat in die span ingesluit is. Bernard is beslis ‘n baanbreker vir swem en ons wens hom sterkte toe vir ‘n onvergeetlike belewenis!

Hanre is beste oopwaterswemmer in 2016!

Hanre van Geffen is tydens die NTS-toekennigsaand aangewys as die beste oopwaterswemmer van 2016! Absolut geluk!

Parkies presteer tydens internasionale swemgala!

Grant Kritzinger, die hoof afrigter van Players Swem Klub, was die afgelope vakansie saam met 7 van sy swemmers in Nederland om aan die “International Easter Swim Event Tilburg” deel te neem.  Vier van die swemmers, Zander van Tonder, Ruben Smit, Andria Zietsman en Wian Smit, is Parkies.

 

Die Parkies het behoorlik golwe gemaak en uitstekend gevaar om in ‘n oop kompetisie met veel ouer swemmers af te reken.  Prestasies wat uitgestaan het sluit in:

- Zander se 1ste plek in die 200 borsslag en 3de plekke in die 50 en 100 borsslag

- Andria se 2de plekke in die 100m vryslag, 200m vryslag en 200m wisselslag.

- Ruben swem persoonlike beste tye, dring deur tot verskeie finale en word aangewys as beste junior mansswemmer.

- Wian, slegs 13 jaar oud, swem persoonlike beste tye en dring deur tot finale rondtes in die oop kompetisie in die 50, 100 en 200 borsslag .

Absolut Hanre!

Hanré van Geffen is ’n Menlo-man wat geen probleem ondervind om te alle tye kop bo water te hou nie. Hy hou Menlo se naam oudergewoonte hoog en eindig in die derde plek (3 km-afdeling) en in die vierde plek (5 km-afdeling) tydens die onlangse Nasionale Oopwater-kampioenskappe wat op 5 Maart by die Eikenhofdam in Grabouw gehou is.

Hy het ook gekwalifiseer om aan die SA- Jeugkampioenskappe in Durban vanaf 10 tot 16 April te gaan deelneem! Absolut geluk!

Menlo-swem oorheers weer A-liga Interhoër 2016

Menlo-swem het weer oorheers by die 2016-A-liga Interhoër! Menlo-swem wen seuns- en gemengde skole afdeling en verbeter ook die meeste rekords!

Absolut Rita in SA-swemspan!

Ons eie Rita Naude is verkies tot die senior SA-swemspan wat aan die Afrika Spele in September 2015 gaan deelneem. Absolut trots!

Absolut A-liga!

Menlo-swem maak weer skoonskip by die 2015-A-liga Interhoër!Menlo-swem wen seuns-, dogters- en gemengde skole afdeling! Drie superseges vir tweede jaar in 'n ry!

DSC_0787.jpg - 73.88 kb

Ons deel met trots die uitsonderlike uitslae:

Dogters-afdeling: finale puntestand

1.       Die Hoërskool Menlopark  (362)

2.        AHMP (346)

3.        Cornwall Hill College (315)

4.        PHSG (291)

5.        Hatfield Christian School (217)

6.        St Mary’s DSG  (205)

7.        Crawford College (203)

8.        Hoërskool Waterkloof  (171)

9.        Hoërskool Garsfontein  (142)

 

 Seuns-afdeling: finale puntestand

1.       Die Hoërskool Menlopark  (367)

2.        AHS  (354)

3.        PBHS  (330)

4.        St Albans College  (287,5)

5.        Hoërskool Garsfontein  (206,5)

6.        Cornwall Hill College  (193)

7.        Hatfield Christian School   (192)

8.        Hoërskool Waterkloof  (171)

9.        Crawford College  (134)

 

 Gemengde skole: finale puntestand

1.        Die Hoërskool Menlopark   (729)

2.        Cornwall Hill College  (508)

3.        Hatfield Christian School (409)

4.        Hoërskool Garsfontein  (365)

5.        Hoërskool Waterkloof  (342)

6.        Crawford College (337)

 

Nog twee skittertoekennings gaan aan die Menlo-manne:

 

  Junior Victor Ludorum:   Ruben Smit (o/15)  

  Senior Victor Ludorum:   Rudo Loock (o/19)

 

Absolut  10 Verbeterde rekords deur Menlo-swemmers by die A-liga interhoër:

 

 Michée van Rooyen            (o/15)                       200m Individuele Wisselslag

 Andria Zietsman                (o/14)                       50m Vryslag

 Deorg Lategan                   (o/14)                       50m Vryslag

 Janco Saaiman                   (o/19)                       100m Vryslag

 Chanté Cornelius, Natasha Cornelius, Suné van Jaarsveld en Andria Zietsman:    Dogters (o/14) - 4 X 50m Wisselslag Aflos en Vryslag Aflos:

 Bernard Becker, Emile van Heerden, Deorg Lategan en Hendrich Muth:     Seuns (o/14) - 4 X 50m Wisselslag Aflos en Vryslag Aflos 

 Bernard Becker : (o/14)   50m Rugslag

 Lané de Meyer, Jani Visagie, Danika van Niekerk en Michée van Rooyen: Dogters (o/15) – 4 X 50m Vryslag Aflos

 

Bryan en Rita skitter by  2014-Afrika-spele!

Rita Naudé en Bryan Gray

Dit is so lekker om Bryan Gray (gr 12) en Rita Naudé (gr. 9) terug te verwelkom van die Afrika Jeugspele in Gaborone.

Suid-Afrika se swemmers het 26 medaljes verwower waarvan 13 goud is. Bryan en Rita het saam gesorg vir 9 van SA se 13 goue medaljes! Absolut fenomenaal! Ons is so trots!

Bryan het in die 50m rugslag en in die 100m rugslag ook nuwe Afrika-jeugrekords opgestel. Hy het goue medaljes verower vir die 50m en 100m rugslag en ‘n silwer medalje verower in die 50m individuele wisselslag en ‘n brons medalje vir die 100m vryslag.

Rita het goue medaljes verower vir die 50m en 100m vlin-derslag, die 50m rugslag en 2 silwer medaljes vir die 100m rugslag en die 4x50m gemengde vryslag aflos en 4 rekords!

 

Die Suid-Afrikaanse aflosse wat goue medaljes verwerf het was die 4x50m gemengde wisselslag aflos en die 4 x 100m ge-mengde vryslag aflos. Bryan en Rita was altwee in die twee aflosspanne. Om te dink die helfte van elke goue-medalje aflosspan was MENLOPARKERS, laat mens hoendervleis uitslaan. Dit was ook die eerste keer dat die 50m gemengde wisselslag aflos plaasgevind het! Absolut baanbrekers!