Menlo Perdesport

Absolut perdry - Anouk is eerste in SA!

Anouk Oosthuizen (graad 9) het gedurende die 

vakansie deelgeneem aan die SA junior kampioenskappe in die 80cm 

skouspring-afdeling. Sy eindig in die tweede en derde plmet die uitdunrondtes en besluit om groot te gaan in die finaal, waar sy nasionaal eerste eindig!

Om die kroon te span op hierdie pragtige prestasie, verower sy ook die Victrix Ludorum-toekenning vir die Gauteng skouspringspan. Absolut Anouk!

 

Menlo-perdryers galop in 2016 se Gauteng- en Gauteng-Noord-span in!

Die volgende Menlo-perderuiters galop in die Gauteng-span in vir perdry in verskillende “klasse” en afdelings. Absolut geluk aan elke ruiter wat sy/haar perd kon inspan en tot ongelooflike hoogtes aanspoor. Van hierdie ruiters het selfs in twee of drie klasse gekwalifiseer vir die Gauteng-span:

Amor le Roux, Mieke de Beer, Anthea le Roux, Lara Coetzer, Megan Oosthuizen, Anouk Oosthuizen, Kaylin Du Toit, Gerdi Steenkamp, Victor Harding, Elisbé Kruger, Nina-Leri Malan, Nina Stone, Tanya Appelgryn, Marli Herselman, Nina Smith en Alize Steenkamp.

Leandri Malherbe en haar perd Aiker het ook Gauteng Noord kleure verwerf en gaan die span verteenwoordig in Prix Caprelli/showjumping en equitation. Knap gedaan!! 

Nina het absolut deursettingsvermoë!

Nina Stone (graad 8H) is ‘n jongdame met buitengewone deursettingsvermoë. Kort voor die SANESA-skou het Nina tydens ’n oefening geval en in die hospitaal geëindig met harsingskudding, ‘n gekraakte neus en erg gekneusde ribbes. Nog is dit het einde niet - die perd (Ceaser) waarop sy normaalweg deelneem (en verlede jaar sonder uitsondering eerste plekke ingepalm het), het tydens ‘n fratsongeluk einde verlede jaar, sy oog verloor. Die organiseerders het haar egter toegelaat om op haar ander perd, Magical Cloud, (sonder ervaring of oefening in die normale dissiplines waaraan sy deelneem) deel te neem aan die skou. Wat ‘n uitsonderlike ruiter wat met besering en al haar perd tot hierdie prestasies kon aanvuur. Selfs haar beseerde perd neem weer deel en beoordelaars was verstom om die manier waarop Nina haar perd (Ceaser) hanteer en begelei, gade te slaan! Absolut verstommend - baie geluk Nina!

Working Riding Level 5: 2de plek op Ceaser

Working Riding Level: 6de plek op Magical Cloud

Working Hunter 70 cm: 10de plek op Magical Cloud

Performance Riding Level 7: 6de plek op Magical Cloud

Show Jumping 80cm: 16de en 20ste op Magical Cloud

Equitation Level 3: 21ste op Magical Cloud

Kaylin du Toit verwerf 1e en 2de plek in PR Elementary Dresseer

Kaylin du ToitKaylin du Toit (Gr 8) en haar perd, Sundune Emperor het die afgelope na-week aan die Misty Meadows gradering skou deelgeneem en 'n 1e en 2de plek in PR Elementary Dresseer verwerf.

Sy het ook tydens die grootste skou van die jaar, die Easter Fest in Kyalami gedurende April, 'n trotse 3e en 5e plek losgespog in dresseer. Kaylin is die jongste ruiter wat gekies is vir die SA Pony Champs in Julie en ingesluit in die voorlopige top 6 Ele-mentary Dresseer ruiters in Gauteng (ouderdom tot 16 jaar).

Die top-4 ruiters in Gauteng word gekies op Donderdag, 29 Mei tydens 'n seleksie skou vir die SA Pony Champs wat in Julie op Kyalami sal plaasvind. Absolut spoggerig Kaylin!