Menlo Netbal

Netbal-Inligting

Ons streef die hoogste na deur:

  • 'n gedissiplineerde omgewing te skep met gedissiplineerde speelsters, afrigters, skeidsregters, beamptes en toeskouers
  • 'n span met geskikte afrigter(s) vir elke dogter wat wil deelneem
  • voldoende fasiliteite, apparate en toerusting
  • voldoende oefentye om die nodige fiksheid, individuele- en spanvaardighede te ontwikkel en bereik
  • geskikte kleredrag vir wedstryde en oefeninge
  • addisionele deskundige dienste, bv. dieëtkundiges, sportsielkundiges, fisioterapeute, biokinetikusse en noodhulppersoneel
  • spesialiteitsafrigting, bv. visievaardighede, video-analises en gimnasiumsessies
  • opleiding aan speelsters, afrigters, skeidsregters en ondersteuners m.b.v interne en eksterne kursusse
  • evaluering van individue, spanne, afrigters en skeidsregters.

Gedurende die afgelope paar jaar, het Menlo-netbal gegroei na een van die top netbalskole in die land. Die netbalspeelsters funksioneer as ‘n span, en almal in die struktuur, vanaf spelers tot afrigters werk doelwitgedrewe op hulle suksesse af.

Oefentye 2017

Voorseisoen oefentye:

Dinsdag- en Donderdagmiddae vir alle nie-atlete.  Vir 0/14- en 0/15-dogters begin die oefening 14:30 – 16:00 en 0/16- tot 0/19-dogters vanaf 16:00 tot 17:30.

Ons eerste amptelike netbaloefening vir alle speelsters sal op Maandag 27 Februarie begin. Oefeninge sal op Maandae, Dinsdae, Donderdae plaasvind.  Tye sal aangekondig word.   

Resultate

Die Hoërskool Menlopark het elke jaar meer as 20 netbalspanne op die baan, waarvan baie as wenners van hul ligas uit die stryd tree.

Van ons spanne is ook gereeld Noord-Gauteng-wenners en baie van ons speelsters word jaarliks vir die Noord-Gautengspanne gekies.

MENLO-NETBAL OP ‘N DRAFSTAP

Menlo-netbal staan ferm geanker in die volgende basiese beginsels:

  • Ons steun die skool se waardes van integriteit, lojaliteit, respek en ywer
  • Elke speler is spesiaal, elkeen se talente word ontgin
  • Professionele afrigting deur bekwame afrigters
  • Spanne woon kampe en toere by
  • Gimnasium beskikbaar vir elke speler
  • Vriendskaplike-en ligawedstryde