Absolut provinsiale muurbalspelers 2017!

Baie geluk aan die volgende MMA-spelers wat onlangs tot die Gauteng Noord-spanne verkies is wat die wintervakansie aan die Interprovinsiale toernooi gaan deelneem:

o/16A Meisies: Lara du Plessis en Jana Craig o/19A Meisies: Carla Naude o/19B Meisies: Jeané Swanepoel en Cornelia Scholtz o/16B Seuns: Nicolai Kuschke o/19B: Rohan Meyer en Chris Minnaar

Menlo is 2016 se TuksSkole-reeks en Provinsiale Top Skole kampioen!

Menlo wen die Tuks-reeks deur Hoërskool Nelspruit in die finaal -2 te klop. Absolut muurbal! Die Menlopark meisies A-span het ook vir die tweede agtereenvolgende jaar die provinsiale Top Skole kampioenskappe gewen en vertrek einde Julie 2016 Pietersburg toe om aan die nasionale Top Skole kampioenskappe deel te neem. Die agt topmuurbalskole in die land neem aan die kompetisie deel.

Nothando verkies tot SA-span!

Tydens die interprovinsiale toernooi is Nothando gekies om die SA-skolespan in Maleisië te verteenwoordig – 'n eer wat slegs die top 5 meisiespelers in die land te beurt val. Absolut geluk!

Provinsiale prestasies 2016

‘n Groot aantal MMA spelers aan die Interprovinsiale Toernooie in Johannesburg, Pretoria en Kaapstad deelgeneem, waar die Noord-Gauteng spanne gemengde welslae behaal het.  

Udore Barwise het die O/14B seunspan in Johannesburg verteenwoordig.  Carla Naude se O/16A span wat in die A-groep meegeding het, het 4de geëindig.  Die O/16B span wat hoofsaaklik uit MMA spelers bestaan het, het 3de geëindig in die B groep.  Hieronder is ‘n foto van die trotse span bestaande uit Lara du Plessis, Erica Naude, Lane Cornelius en Nicole Barwise.

Nothando Ntimane en Danielle Venter was lede van die O/19A span wat in Kaapstad hul toernooi gespeel het.  Die span het 9de geëindig.  Nothando Ntimane het weereens die eer te beurt geval om onder die top 10 spelers te eindig en vir die toerspan na Maleisië gekies te word.  Die O/19B span waarin Jeandre Meyer, Chris Minnaar, Rohan Meyer en Wessel Oosthuizen gespeel het, het 5de geëindig in die B-groep.

Absolut Menlopark Junior Ope!

Die Menlopark Junior Ope was 'n eerste toernooi vir baie van die nuwe MMA-spelers, wat hulself terdeë geniet het. Die o/19-seunsafdeling is deur ons MMA-kaptein, Heinrich Groenewald gewen met Chris Minnaar in die tweede plek.

NJSA Ope Juniortoernooi 2016

'n Groot aantal nuwe MMA-spelers het aan die toernooi deelgeneem en groot vordering getoon deur in aanmerking geneem te word vir die IPT-spanne. Lara du Plessis het derde geëindig, Jeané Swanepoel vierde en Cornelia Scholtz sesde met Elsjeri Prinsloo kort op haar hakke in die meisies o/16– en o/19-afdeling.

By die o/14-seuns het Udore Barwise agtste geëindig en Wilhelm van Rooy 12de. Net soos by die dogters, moes die seuns in die o/16- en o/19-groep saam speel weens die hoeveelheid inskrywings wat ontvang is. Eben Benadé het derhalwe 'n paar harde wedstryde teen ouer opponente gehad. Jeandré Meyer het vyfde en Rohan Meyer sesde in die groep geëindig.

MMA is uitgenooi om twee spanne van ses spelers elk in te skryf vir die Tuks Muurbal Skolespan wat van 8–9 April 2016 plaasvind.

NJSA prysuitdelingsfunksie 2015

Verskeie MMA spelers ontvang toekennings tydens die NJSA se prysuitdelingsfunksie. Spelers wat aan die Interprovinsiale Toernooie deelgeneem het, het almal sertifikate ontvang. Die hoërskole ligawenners het ook almal sertifikate en bekers ontvang. Nothando Ntimane se toekennings het onder andere die "Chairman's Award" ingesluit omdat sy so 'n goeie ambassadeur vir die sport is. Sy het ook onder die SA Top 10 spelers vir 2015 geëindig. 

NJSA Capping Ceremony

Vanjaar het Die Hoërskool Menlopark gasheer gespeel vir die NJSA Capping Ceremony. Spelers vanaf skole regoor Pretoria, het hier bymekaar gekom en provinsiale spelers en –spanne is aangekondig. Menlo-muurbal bou voort op ‘n manjifieke seisoen en 14 spelers verwerf provinsiale kleure.

Baie sterkte aan die Parkies wat in die Julie-vakansie gaan kompeteer op verskeie plekke in Suid-Afrika vanaf Johannesburg tot Kaapstad.

Kyk net hoe trots spog ons provinsiale Parkie muurbalmeesters hieronder:

Menlo - 14 spelers verwerf provinsiale kleure

Agter van links na regs: Nothando Ntimane, Joanica Labuschagne, Chris Minnaar, Heinrich Groenewald en Josh Pretorius
Middel van links na regs: Nicoline van Dam, Monica J van Rensburg, Danielle Dreyer en Rohan Meyer
Voor van links na regs: Lane Cornelius, Carla Naude, Piet Jordaan en Lorraine Oosthuizen
Afwesig: Chrislee vd Merwe