Atletiek afrigters en oefentye
Atletiek-kalender
Omdat dit vir die atletiekkorps van Die Hoërskool Menlopark belangrik is om atlete te ontwikkel deur die loop van sy/haar skoolloopbaan, neem die skool aan die meerderheid byeenkomste deel waar groot spanne ingeskryf kan word.
Dis juis om hierdie rede dat ‘n byeenkoms soos die A-Bond Interhoër (met dubbelinskrywings by die middelafstande en velditems) vir ons belangriker is as ‘n byeenkoms soos die Super 16, waarin daar in alle items net een atleet ingeskryf kan word. Dit strook dus met ons skool se visie wat geskoei is op die ontwikkeling van alle atlete.
In plaaslike skolekompetisies neem Die Hoërskool Menlopark aan die volgende byeenkomste deel en het alreeds die volgende prestasies bereik:
Vriendskaplik
Vir die afgelope 9 jaar kraai Die Hoërskool Menlopark se seuns en dogters in meer as 90% van vriendskaplike byeenkomste koning.
Jaarlikse Uitnodigingsbyeenkoms (landswyd)
Menlopark wen hierdie byeenkoms 24 keer in die 31-jarige bestaan van dié gesogte landswye byeenkoms, waar daar jaarliks agt topskole meeding. Topskole wat aan hierdie byeenkoms deelneem sluit in skole soos Monument, Nelspruit en ‘n distriktespan wat saamgestel word uit die hele Pietermaritzburg en omliggende omgewing.
Top 10 en Top 12
By die TUKS Top 10, ABSA Top 10, Naboom Top 10 en TUT Top 12, eindig ons seuns-en dogterspanne elke jaar onder die top 3 skole. Ons dogterspan het reeds drie Top 12-titels die afgelope 6 jaar verower, terwyl ons seuns alreeds by drie byeenkomste met silwer of brons medaljes weggestap het.
Die NWU Top 30, wat gedurende die vierde kwartaal gehou word, was Menlopark die kampioenspan in die kompetisie vir gemengde skole in 2013.
So is Menlopark ook vir die tweede jaar in ‘n ry die Top 12 kampioene in PretoriaUJ-byeenkoms
Hier maak Menlopark ook sy stem dik teen sterk atletiekskole soos Monnas, Affies, Kemptonpark, EG Jansen en HTS Middelburg. Die Menlo-atletiekspan kraai reeds die afgelop twee jaar koning by hierdie prestige atletiekbyeenkoms.
Jakaranda Prestige Interhoër
In die 17-jarige bestaan van die Jakaranda Prestige Interhoër, wen Menlopark die volgende kompetisies:
- 9 keer, aflosbeker
- 18 keer, dogterskompetisie
- 12 keer, seunskompetisie
- 14 keer, algeheel
Vanaf 2012 het hierdie byeenkoms ‘n nuwe samestelling gekry met die insluiting van twee nuwe skole en staan dit nou bekend as die Jakaranda A-Bond Atletiek Interhoër. Die agt skole (slegs uit Pretoria) wat in hierdie bond deelneem sluit in: Affies (seuns), Affies (meisies), Centurion, Eldoraigne, Garsfontein, Menlopark, Waterkloof, Prestige Kollege en Montana.