Absolut atletiek! Menlo wen Interhoër, 19de jaar in 'n ry!
Menlo maak geskiedenis! Algehele wenners vir die 19de keer agter mekaar! Wenners van die meisies-afdeling! Tweede in die seunsafdeling! Heel bo met gees, meelewing en totale vreugde!
Menlo-atletiek is beste in SA in 2020!
Menlopark is die algehele wenner van die nasionale TWIZZA Super School Atletiekreeks 2020. Menlo-meisies is SA-kampioene en Menlo-seuns 2de in SA!
Kliek hier om die berig te lees
Twee Menlo-atlete is Afrika-kampioene in 2019!
DUBBEL GOUD IN IVOORKUS
Reynard Strauss & Michael Schoeman WENNERS ACC Afrika Jeug & Junior Kampioenskappe 110mH - Ivoorkus 2019
Absolut atletiek! Menlo is weer Interhoër-kampioene, 18de jaar in 'n ry
Hoërskool Menlopark het Vrydag op hul tuis-baan wéér daarin geslaag om as kampioen van die Pretoria A-bond atletiek interhoër gekroon te word. Lees die Rekord-koerant se berig hier
Menlo dra kroon by King Price Atletiek-byeenkoms!
Menlopark het die 2018-weergawe van die King Price Atletiek-byeenkoms gewen
Absolut Atletiek! Menloparkers presteer by internasionale byeenkoms!
Baie geluk aan die volgende Menlo-atlete met hul uitsonderlike prestasie tydens die afgelope “ Southern Regional Championships 2018”
1. Marli Viljoen - 0/20D 400m - Goud , 4 x 400m - Goud
2. Lohan Potgieter - 0/18D - Gewigstoot - Goud
3. Michael Schoeman - 0/18 110mH - Goud , 4 x 100m - Goud(SA Rekord - 39.33)
4. Lyndi Roelofse - 0/18D - 3000m - Brons
Vier Menlo-atlete in 2018 se SA-span!
Baie geluk aan die volgende Menlo-atlete wat Suid-Afrika gaan verteenwoordig by die 2018 CAA SR Jeug- en Juniorkampioenskappe:
Marlie Viljoen, Lyndi Roelofse, Michael Schoeman en Lohan Potgieter
Menlo-atlete presteer tydens 2018 se SA's!
Menlo-atlete het weer oudergewoonte uitstekend gevaar tydens 2018 se ASA Jeug & Junior Atletiek Kampioenskappe!
Kliek hier vir die volledige verslag
Menlopark wen in 2018 wéér die A-bond Interhoër!
Die Hoërskool Menlopark het hul status as Pretoria se beste atletiekskool herbevestig toe hulle die stad se A-bond Interhoër Atletiekbyeenkoms Vrydag oortuigend gewen het vir 'n 17de agtereenvolgende jaar. Kliek hier om die o/19-dogters se aflositem te sien.
So het Rekord berig:
Menlo-atletiek het spoedvrate!
Menlo het met spoed hulle merk gelaat by die nasionale atletiekreeks, School of Speed tydens twee byeenkomste. Die beste spoedatlete van ʼn skool word genooi om deel te neem, en die eerste kragmeting het plaasgevind op 20 Januarie in Potchefstroom en die tweede by Ruimsig stadion in Johannesburg.
Jeanni Labuschagne het in die o/15-ouderdomsgroep gesorg vir ʼn hoogtepunt tydens die eerste byeenkoms met haar tyd van 4:48.10 sekondes in die 1500 meter vir dogters. Hierdie spoggerige tyd besorg aan haar 829 punte op die ABSA-tabel!
Die beste uitslag tydens die tweede byeenkoms word gedeel deur twee atlete. Heike van Rooyen beïndruk met haar puik 100 meter in die dogters o/14-ouderdomsgroep en blits die afstand af in 12.44 sekondes (1015 ABSA-punte). Saam met Heike spog Carla van Wyk ook in die dogters o/14-ouderdomsgroep, maar in die 800 meter met ʼn blitsige 2:16.53 sekondes (1087 ABSA-punte).
ʼn Onvergeetlike oomblik tydens die tweede reeks, was die verskyning van die internasionale spoedsensasie, Usain Bolt, voor meer as 4000 toeskouers en atlete. Dit is nie elke dag dat ʼn mens die kans kry om langs so ʼn superhero te staan nie en Matt Lombaard (graad 10) was die gelukkige wenner wat ʼn tydjie saam met dié topatleet kon spandeer.
Uitslae van die twee byeenkomste is beskikbaar onder "Uitslae".
Menlopark wen wéér die A-bond interhoër!
"Die Hoërskool Menlopark het hul status as Pretoria se beste atletiekskool herbevestig toe hulle die stad se A-bond interhoër atletiekbyeenkoms Vrydag oortuigend gewen het." So het die Rekord-koerant op 25 Februarie 2017 berig. Lees die volledige berig hier.
Absolut atletiek: Renate en Marlie presteer by o/20-Spele!
Lees spogberigte oor Renate en Marlie se uitsonderlike prestasies by die Streek 5-o/20-Spele in Luanda: http://allathletics.co.za/2016/12/viljoen-leads-sa-juniors-to-43-medals/. So het Beeld berig: Kliek hier
Twee Menlo-atlete in die SA Junior Atletiekspan
Twee Menlo-atlete, Renate van Tonder (graad 12) en Marlie Viljoen (graad 10) is ingesluit in die span van 30 atlete wat deur die SA sport konfederasie en Olimpiese Komitee aangewys is vir die Streek 5-o/20-Spele in Luanda in Desember 2016. Renate neem deel aan verspring en Marlie is gekies om aan die 400m deel te neem. Renate het reeds Suid-Afrika verteenwoordig by die Wereldjeugspele en in die Jeug Statebondspele, sy is die huidige Statebond-kampioen in verspring. Marlie is die huidige o/17 SA kampioen in die 400m.
4 SA-kampioene in 2016!
USSASA SKOLE ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE: 18-19 Maart 2016 – Bloemfontein
NAAM | OUD | ITEM | PLEK |
VAN TONDER, Renate | D19 | Verspring | Goud |
VILJOEN, Marlie | D17 | 400m | Goud |
VAN TONDER, Renate | D19 | Driesprong | Silwer |
POTGIETER, Lohan | S15 | Gewigstoot | 4 |
POTGIETER, Lohan | S15 | Diskusgooi | 4 |
KRUGER, Stephan | S15 | Spiesgooi | 6 |
SUID-AFRIKAANSE JUNIOR ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE: 31 Maart tot 2 April 2016 – Germiston
Absolut Renate en Ruan!
Ons Renate van Tonder (gr. 12) is verlede week by Gauteng Noord Atletiek se toekenningsfunksie aangewys as die Beste Vroue Veldatleet van die jaar (seniors en juniors) tydens ’n glansfunksie. Absolut Renate!
Ruan Breytenbach (gr. 8) is genomineer as een van die finaliste vir die Sportster van die jaartoekenning vir sy 2015 prestasies en is aangewys as die topatleet van die jaar in die laerskool-afdeling! Baie geluk Ruan!
Renate spring goud los by Jeug Statebondspele!
Baie geluk aan Renate van Tonder wat goud by die Jeug Statebondspele in Samoa in verspring vir 0/17-dogters verwerf het met 'n ongelooflike sprong van 6.26 meter!
'n 14de keer A-Bond kampioen en 6 SA-kampioene in 2015!
6 SA-kampioene in 2015!
USSASA SKOLE ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE: 27-28 Maart 2015 – Rustenburg
Die volgende atlete is verkies tot die Gautengskolespan vir die USSASA-skolekampioenskappe wat in Rustenburg plaasgevind het.
Die medaljesoes was absolut asembenemend en ons trots!
Chanté Ferreira D15 Verspring 2de Silwer
Chanté Ferreira D15 Gewigstoot 6de
Chanté Ferreira D15 Spiesgooi 1ste Goud
Hennelie Gericke D15 400 meter
Hennelie Gericke D15 800 meter 3de Brons
Lucy Strydom D15 Diskusgooi 4de
Tunet Trumpie D15 90m Hekkies 1ste Goud
Renate v Tonder D17 Verspring 1ste Goud
Renate v Tonder D17 400m Hekkies 4de
Jeanelle Griesel D19 400 meter 1ste Goud
Cathleen Beukes D19 Hoogspring
Dewald Pienaar S15 Gewigstoot 1ste Goud
Dewald Pienaar S15 Diskusgooi 5de
SUID-AFRIKAANSE ATLETIEK KAMPIOENSKAPPE - Bloemfontein
Marlie Viljoen D15 400m 1ste Goud
Absolut toewyding en harde werk! Absolut atletiek!