Menlo-Atletiek

Die Hoërskool Menlopark is ’n atletiekreus wat geen bekendstelling nodig het nie. Menlo-Atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur deur van die mees toegewyde en bekwame atletiekkundiges in Suid-Afrika, mnr. Nico Erasmus en me. Riana Raath. Onder hul bekwame organisasie  en bestuur gaan Menlo-atletiek van krag tot krag. Hier is harde werk en die ontwikkeling van elke  atleet die boustene van sukses. Motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom maak dat die atletiekspan van Die Hoërskool Menlopark vonkel met spangees en toewyding. Die Hoërskool Menlopark

Fasiliteite

Die Hoërskool Menlopark spog met ‘n atletiekstadion wat op skolevlak geen gelyke in Pretoria of selfs Suid-Afrika het nie. Met plek vir meer as 6000 toeskouers en van die vinnigste grasbane (wat jaarliks met groot kundigheid versorg word), sintetiese oppervlaktes vir die sprongitems en uitstekende vloedligte, sal daar baie lank en hard gesoek moet word na nog 'n skolestadion met dieselfde atmosfeer wat terselfdertyd gekomplimenteer word deur van die beste skole-atletiek in die land.

Hoogtepunte

Behalwe vir die feit dat atletiek en Die Hoërskool Menlopark sinoniem met mekaar is en verskeie Springbokke en Junior Springbokke sedert die sewentigerjare opgelewer is, kry die skool dit steeds reg om deur wetenskaplike afrigting atlete van gehalte op te lewer: