Krieket kolf

Menlo-Krieket 2020

BEPALINGS

Kliek hier

 

OEFENTYE

Kliek hier

 

PROEWE

Die 2020-krieketproewe vir alle graad 8-krieketspelers (ongeag watter ouderdom) vind soos volg plaas:

 

  Maandag, 13 Januarie 2020:    10:00 – 12:30

  Dinsdag, 14 Januarie 2020:      14:30 – 16:30

 

Proewe vind by ons eie nette plaas ongeag die weersomstandighede.  Indien die weer ons uitboul, sal alternatiewe aktiwiteite gereël word.  Voornemende krieketspelers moet asseblief ‘n duidelike plakker (naam en van) op die bors vertoon en geklee wees in enige kortbroek/sweetpakbroek met enige krieket-/wit hemp.  Seuns moet ook hulle eie 156g bal en alle kriekettoerusting saambring.  ‘n Ekstra kospakkie en koeldrank van die huis af, sal sorg vir innerlike versterking!  Spelers ontmoet by die klubhuis en moet asseblief albei ouers en hulle eie selfoonnommers verskaf.

 

KLERE

Seuns kan by die klerewinkel krieketklere aankoop.  Die winkel is op linkerkant, ongeveer 25 m vanaf die Rosemary-hek.  Die winkel sal gedurende die volgende tye oop wees.

 

  Maandag 13 Januarie:      9:00 tot 15:00

  Dinsdag 14 Januarie: 9:00 tot 15:00

 

Ons beveel aan dat seuns minstens een wedstrydhemp, een oefenhemp, een kortbroek en ‘n baggy (pet) aankoop.  Sweetpakke is nie verpligtend vir krieketspelers nie, maar seuns sal dit moontlik met atletiek,hokkie en rugby benodig.  Die winkel se normale ure is soos volg:

 

Maandae, Dinsdae en Donderdae : 13:30 tot 14:30

Woensdae en Vrydae : 7:00 tot 8:00

 

 

KOMMUNIKASIE

Meeste kommunikasie sal direk aan die seuns gerig word.  Kommunikasie sal meestal per whatsapp plaasvind.  Die seuns sal by die proewe verdere inligting ontvang oor oefentye, bepalings en individuele afrigting.