Menlo_Menlopark_Fietsry

Menlo-fietsry triomfeer as Gauteng-wenners van Spur Skolereeks!

Menlo-fietsry het weereens die ander deelnemers in die stof laat byt toe hulle vir die vierde jaar na mekaar as waardige kampioene uit die Gauteng Spur Skolereeks stryd getree het in die gemengde- sowel as in die dogtersaf-deling! Week na week gee hierdie passievolle fietsryers vir ons heelwat stof tot nadenke met hulle sportmangees en prestasies waarmee hulle telkens stof in mededingers se oë skop (trap). Ons is baie trots op elke deelnemer wat sy deel bygedra het om hierdie ongelooflike titel te verower - absolut geluk! Selfs ons fietsryafrigters is ware kampioene - die dag is afgerond deur juffrou Gerda Richards wat die wenner was in die Personeelafdeling!

Dié reeks is die afgelope naweek beklink by die laaste van die Gautengreeks wedrenne by St Stithians College in Sandton, die Tour de Bling. Voorwaar ‘n puik prestasie wanneer ʼn mens in ag neem dat ‘n rekordgetal van meer as 900 leerlinge aan hierdie laaste wedren deelgeneem het! Baie geluk aan die volgende ryers wat Top 10 posisies behaal het:

Sub-juniorseuns: Ben du Plessis (2de) en Rudolph Labuschagne (7de)

Sub-juniordogters: Marjoné Strydom (1ste - wenner van die reeks in haar kategorie) en Talia Behr (7de)

Jeug o/15-dogters: Lenka Labuschagne (6de) en Sunique van der Walt (8ste)

Jeug o/16-seuns: Paul Meyer (4de)

Jeug o/16-dogters: Monique du Toit (1ste - wenner van die reeks in haar kategorie), Antonique Grotsius (3de) en Mieke Vermeulen (9de)

Juniorseuns o/17: Chris du Plessis (2de), Erick Heyns (6de) en Freddie Humphries (10de)

Juniordogters: Anjenel van der Walt (5de)

Juniorseuns o/18: Gustav Rohde (8ste)

 

Menlo-fietsry is vir derde jaar SA-kampioene!

Lees hier die spogberig van BikeHub

Menlo-fietsry is beste in Gauteng!

Ongeveer 60 skole en bykans 700 fietsryers het hierdie jaar getrap in die SPUR Gauteng Skolereeks fietsrykompetisie. Menlo het van die wegspring af die voortou geneem en as algehele wenners oor die wenstreep gejaag. Ons spog as wenners in die gemengde– sowel as die dogtersafdeling!

Menlo spog met vier fietsryers wat aangewys is as algehele wenners in hul kategorieë van die reeks: Henry Liebenberg (juniors), Saf-fron Vosloo (juniors), Chris du Plessis (jeug 16) en Monique du Toit (jeug 15).

Die Nasionale Kampioenskappe vind plaas vanaf 7-9 Okto-ber 2016 by Hoërskool Bekker in Magaliesburg waar Menlo-fietsry hulle titel as Nasionale Kampioene gaan verdedig! Die volgende ryers is gekies om ons skool tydens hierdie byeenkoms te verteenwoordig:

Henry Liebenberg (kaptein), Wessel Botha, Erick Heyns, Freddie Humphries, Chris du Plessis, Marco Moolman, Paul Meyer, Saffron Vosloo (kaptein), Monique Muller, Nicola van der Walt, Monique du Toit en Antonique Grotsius.

Die Provinsiale Kampioenskappe vind ook tydens hierdie byeenkoms plaas en ses van ons Menlo-fietsryers (Henry Liebenberg, Saffron Vosloo, Chris du Plessis, Antonique Grotsius, Nicola van der Walt en Monique du Toit) is ook gekies vir die Gauteng-skolespan wat teen die ander provinsies gaan meeding.

 

Absolut Henry

Ons is ook baie trots om aan te kondig dat een van ons ryers, Henry Liebenberg, gekies is om Suid-Afrika te verteenwoordig in die UCI MTB Wêreldkampioenskappe wat in die Tsjeggiese Republiek gaan plaasvind op 30 Junie 2016!

Dis 'n ongelooflike groot voorreg en eer wat slegs een juniorseun en –dogter beskore is. Henry het ook vroeër in die jaar in Europa gaan deelneem aan die XCO-wedrenne om te kon kwalifiseer vir hierdie kampioenskappe en pluk nou die vrugte van al sy harde werk!

Absolut Kyra!

Kyra Hempel het die afgelope twee maande laat waai! Sy het aan die volgende driekamp-kompetisies deelge-neem: Xterra SA driekamp-reeks (driekamp met ‘n bergfiets en veld-wedloop) by Buf-felspoort - 4de plek, Port Elizabeth - 3de plek en SA-kampioenskap-pe in Grabouw - 5de plek in haar ouderdoms-kategorie.

Sy verwerf ook haar Noord Gauteng kleure vir driekamp en het die afgelope naweek aan die 2016 ATU Driekamp Junior SA-kampioen-skappe in Bloemfontein deelgeneem. Die kom-petisie het ook die Junior Afrika Kampioen-skappe ingesluit. Sy eindig agtste uit die SA-atlete en negende in Afrika in haar ouder-domskategorie.

Absolut sterstatus!

Menlo-fietsry is vir tweede jaar SA-kampioene!

Lees hier die berig in Beeld, 5 Oktober 2015

 

Menlo is weer Spur-reeks kampioene!

Menlo is weer in 2015 die SPUR-reeks kampioen waaraan 60 skole uit Gauteng deelgeneem het en spog met 8 podiumposisies en 3 reekswenners in die laaste rondte.

Lees hier spogberig in The Ride-tydskrif

Menlo-Fietsry is SA-kampioene!

Lees hier die berig in BEELD, 13 Oktober 2014:

Menlo se wiele sing hardste

Deur Hannes Nienaber Maandag 13 Oktober 2014 12:30 vm.

 Janice.jpg - 114.13 kb

Janice Venter van die Hoërskool Menlopark het tweede in die nasionale eindronde

van die Spur-bergfietsren in Magaliesberg geëindig. Foto: Marius Nortjé

 

Die Hoërskool Menlopark het met die nasionale titel vir die voorste meisiespan sowel as die titel vir die voorste gemengde skolespan in die Spur-

skolebergfietsliga weggestap.

Die eindronde van die liga is deur die Hoërskool Bekker in Magaliesburg aangebied.

Die skool van die Jakarandastad het met 73 punte die kroon voor die Potchefstroom Volkskool (69) weggeraap. 

Klofies (68) was derde in die afdeling vir meisies en die Afrikaanse Hoër Meisieskool was in die vierde plek met 54 punte.

Menlopark (89) se seuns moes met die tweede posisie tevrede wees, terwyl Grey Kollege (120) van Bloemfontein geen gelyke in die seunsafdeling

gehad het nie. Die seuns van Pretoria se goeie vertoning het aan hul skool die titel as nasionale kampioen in die gemengde afdeling besorg.

Die Hoërskool Parel Vallei van die Wes-Kaap het derde in die seunsafdeling geëindig.

Menlopark se ryers het daartoe bygedra dat Gauteng die nasionale kampioen bly. Noordwes het tweede geëindig met die Wes-Kaap wat met die derde

posisie tevrede moes wees.

 

Die bergfietsliga is in 2009 begin en is elke jaar groter. Dit is vroeër vanjaar vir ’n toekenning op Discovery se jaarlikse sporttoekennings benoem.

 

■ Die uitslae:

Meisies: 1. Menlopark, 2. Potchefstroom Volkskool, 3. Waterkloof. 4. Affies, 5. Swakopmund, 6. Montana, 7. Hoërskool Nelspruit, 8. Midstream-kollege. 9. Parel Vallei, 10. Hoërskool Lydenburg.

Seuns:1. Grey-kollege, 2. Menlopark, 3. Parel Vallei, 4. Zwartkop, 5. Potchefstroom Volkskool, 6. Noordheuwel, 7. Paul Roos Gimnasium, 8. Potchefstroom Gimnasium, 9. Montana, 10. Midstream-kollege.

Gemengde: 1. Menlopark, 2. Potchefstroom Volkskool, 3. Midstream-kollege, 4. Montana, 5. Parel Vallei, 6. Hartbeespoort, 7. Noordheuwel, 8. Potchefstroom Gimnasium, 9. Hoërskool Nelspruit, 10. Centurion.