Die Hoërskool Menlopark

Skooldrag

Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die amptelike leweransiers, Constantia Uitrusters (Thomas Edisonstraat, Menlopark), aan te koop. Dit bring eenvormigheid mee wat absoluut noodsaaklik is. Ouers sal vind dat, kwaliteit in ag geneem, die beste waarde by die leweransiers verkry word.

Die skool het ook 'n klerebank waar tweedehandse klere per afspraak gekoop kan word.

Meeste sportklere en die sweetpak is beskikbaar by die Absolut Klerewinkel op die terrein. 

Aflaaibaar: Skooldrag van 'n Parkie