Menlo-musiek

Die Menlo-musiekgebou is die hartklop van die skool waar musici hulle passie en drome uitleef. Menlo spog met sy eie musiekakademie in 'n moderne gebou en  deel van die skool.

Die missie van die musiekakademie is om gehalte musiek toegangklik te maak vir almal en 'n liefde vir musiek te kweek by die leerlinge wat hulle die res van hulle lewe sal bybly.

Menlo-musiek funksioneer op twee bene:

  • Buite-kurrikulêre akademie waar enige iemand ʼn instrument kan leer speel.
  • Musiek as keusevak.

Ons bied aan:

  • Musiek as keusevak Gr 8 en 9
  • Musiek as keusevak Gr 10 – 12
  • Musiek as agste vak Gr 10 -12
  • Musiek-akademie wat na skool funksioneer en leerlinge die geleentheid gee om instrumente te leer speel.

Vanuit die akademie ontstaan daar ensembles wat saam musiek maak.

  • Menlo-orkes
  • Fluitekoor
  • Saksofoon ensemble
  • Menlo-koor

Die volgende instrumente word by die Musiek-akademie aangebied:

Klavier (Klassiek sowel as ligte musiek)Tjello
KlawerbordKlassieke kitaar
SaksofoonKitaar
KlarinetBaskitaar
DwarsfluitElektriese kitaar
Sang (Klassiek sowel as ligte musiek)Trompet
VioolTromme

Ons gee onderrig in UNISA, Royal Schools en Trinity teorie vanaf Gr 1 – 6.

Ons personeel is Absolut-Menlo gedrewe en leerlinge word vir eksterne eksamens en eisteddfods ingeskryf.

AFLAAIBAAR: Inligting, kostes en registrasievorm vir 2018 is hier beskikbaar