Lidmaatskap

Die Menlobond nooi u graag uit om ʼn lid te word. Lidmaatskap tot die Menlobond is nie outomaties nie en heeltemal vrywillig. Dit is vir ons belangrik om u terug by die doen en late van die skool te verwelkom en deel te hou van die Menlo-manier! 

Lidmaatskap tot die Menlobond bied aan alle Menlo-alumni en vriende van Menlo die geleentheid om in kontak te bly met die hartklop van die skool en te help om die Menlo-manier vir generasies te bewaar. As lid van die Menlobond ondersteun u die skool, sy nalatenskap asook volhoubaarheid. Lede geniet ook voordele soos toegang tot die Menlobond klerereeks, afslag op parkering en toegang tot BBP-areas by sport- en kultuurgeleenthede by die skool, afslag op sekere items in die aanlynwinkel - om net ʼn paar te noem! Elke nuwe lid ontvang ʼn lidmaatskapkaart wat u in staat stel om hierdie voordele by skoolgeleenthede te geniet.

Lidmaatskap tot die Menlobond behels slegs  ʼn jaarlikse lidmaatskapfooi. Ons beskou die lidmaatskapfooi as ʼn donasie aan die skool.

 

SLUIT AAN IN 3 EENVOUDIGE STAPPE:

1. Besluit op die korrekte lidmaatskap-opsie

2. Betaal die lidmaatskapfooi

3. Stuur asseblief bewys van betaling na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

Welkom!

 

LIDMAATSKAP-OPSIES

 

• Menlobond Alumni lidmaatskap

Alle oudleerders en -personeel van die Die Hoërskool Menlopark            

Jaarlikse fooi: R350 

 

• Menlobond Alumni Studente lidmaatskap 

Alle oudleerders vir 3 jaar na matriek. Daarna sal die vol fooi betaalbaar wees

Jaarlikse fooi: R100 

 

• Menlobond algemene lidmaatskap 

Ondersteuners en vriende van Die Hoërskool Menlopark

Jaarlikse fooi: R500 

 

• Menlobond Lewenslange lidmaatskap

Enige oud-leerder, -personeellid of vriend van Die Hoërskool Menlopark

Eenmalige fooi: R5 000

 

BETALINGSOPSIES: