Donasies

Belê in die toekoms – belê in Menlopark.

Met ons wêreldklasfasiliteite en -onderrig, het die Menlo-kampus nog altyd ʼn gevoel van trots by Menloparkers gewek. Met ʼn beperkte begroting word die fasiliteite uitstekend onderhou en spog die skool met infrastruktuur en tegnologie van hoogstaande gehalte. Met die huidige uitdagende situasie sal u donasie  ʼn blywende impak maak op die voortbestaan van Menlo-trots!

Dit is vir baie kinders ʼn droom om ʼn Menloparker te wees. Ongelukkig bly dit vir heelwat van hulle, veral dié met uitdagende omstandighede, ʼn onbereikbare ideaal. Die Menlobond se doel is waar moontlik, hierdie droom vir talentvolle en verdienstelike leerders te bewaarheid. U donasie sal help om ʼn leerder hierdie geleentheid te bied.

Vir donasies wat nie ʼn 18-A sertifikaat benodig nie kan die volgende bankbesonderhede gebruik. Indien u wel ʼn 18A belastingsertifikaat benodig, kontak asseblief die Menlobondkantoor voor u ʼn donasie maak.

 

Rekeningnaam: Menlobond NPC

Rekeningnommer: 10012654110

Bank: INVESTEC BANK LIMITED

Tak: INVESTEC BANK GRAYSTON DRIVE

Takkode: 580105

 

Baie dankie vir u belegging in die toekoms van Menlo.