Duits
Duits by Die Hoërskool Menlopark is net ABSOLUT FABULOS UND FANTASTISCH!
Hoe leer ons? Ons LEER deur PRAAT, SPEEL en DOEN!
Duitse restaurantaande, Duitse ekskursies, Duitse liedjies met 'n trekklavier, Duitse dansies, “Weihnachtsabend“ EN Paaseiers verf EN Duitse speletjies EN T- Hemp kompetisies EN bak-en-brou! Ons
Is jy volgende jaar in Graad 8?
Juche! Super! Fabulos! Toll!
Ons wil jou bekendstel aan ‘n prettige nuwe leerarea : D U I T S
Ons praat nie Duits in Suid- Afrika nie?
- Duitsland is een van die sterkste ekonomiese lande en wie die geld het, beheer die wêreld. Duitsland is Suid- Afrika se belangrikste handelsvennoot.
- Duits is die amptelike taal van 5 Europese lande : Duitsland, Oostenryk, Switserland, Luxemburg en Liechtenstein.
- Duits word gepraat in dele van Italië, Spanje, Frankryk, Pole, Hongarye, Romenië en die Tjeggiese Republiek.
- In Rusland woon ongeveer 2 miljoen Duitsers. Ook in Amerika en Engeland is miljoene mense besig om Duits te leer.
Duitsland is ook een van die leiers op die gebied van tegnologiese ontwikkeling!
Parkies onder die Top 10 in Gauteng
Jaarliks kry minimum 50% van die Gr. 12 Duitse-leerders A-simbole vir Duits!
Duitse uitruilprogram
Ons Duitsleerders neem jaarliks deel aan die FSA Duitse uitruilprogram. Leerders kan vir 4 weke, 6 weke of selfs vir drie maande deel word van ʼn Duitse gas-sgesin. Hulle gaan skool saam met die gesin se kinders en beleef die Duitse kultuur en gebruike eerstehands. Later klim ʼn Duitsertjie dan weer in ons Menlopark skooluniform en kom beleef ons Suid-Afrikaanse ruimte.
Het jy geweet...
• Naas Amerika is Duitsland die grootste uitgewer en drukker van die toonaangewendste boeke en tydskrifte in die wêreld.
• Duitsland is verantwoordelik vir 18% van alle nuwe boeke wat jaarliks wêreldwyd verskyn!
Wat sê die Universiteit?
• Die UNIVERSITEIT VAN PRETORIA beveel Duits as skoolvak ook vir alle nagraadse studie aan, want dit maak nie saak wat jy studeer nie, as jy Duits kan verstaan het jy altyd ‘n voorsprong bo ander studente : jy kan boeke lees en verstaan wat hulle nie kan nie en om hierdie rede dra Duits baie gewig by die toekenning van beurse en by keurings, want die wêreld is vir jou toeganklik, maak nie saak wat jy gaan studeer nie, BSC, REGTE, MEDIES of Ingenieurswese . Duits maak jou altyd uniek, want jy kan kommunikeer met mense wat geld en besigheid kan beteken. Duits leer jou analitiese denke en saam met toerisme en entrepreneurskap maak jy jouself met hierdie vak meer bemarkbaar. Waar ander bloot moet volg, help Duits jou om te lei.
• Wat sê die Universiteit nog?
• Hou jy van Wetenskap en Wiskunde? Belangrike handboeke is in Duits geskryf” “Belangrike navorsing word in Duitsland gedoen”
• Wil jy 'n dokter word? “Kennis van Duits maak verseker belangrike vakliteratuur toeganklik”
• Wil jy 'n ingenieur word? “Van die belangrikste handboeke is in Duits geskryf.
• Wil jy rekenmeester of diplomaat word… of jou eie besigheid hê? “Kennis van Duits is belangrik om vir internasionale beurse te kwalifiseer”
• Wil jy 'n veearts word? Vyf-en-twintig persent van die vakliteratuur is in Duits”
• Wil jy dominee word? “Duits is van onmisbare waarde omdat die Duitse teologiese wêreld ons belangrikste bron is.“