MENLO-ATLETE SKITTER OOR DIE GRENSE IN GROEN EN GOUD

Vier Menlo-atlete en ons atletiek-organiseerder is ingesluit in die SA Jeug en Juniorspan om Suid-Afrika te verteenwoordig by die Southern Region Championships wat 27 en 28 April in Boksburg aangebied is. Hulle behaal 5 eerste plekke en ‘n derde plek by die kampioenskappe. 

534 Atlete van  die volgende 11 lande het aan die kamioenskappe deelgeneem: Swaziland, Zimbabwe, Lesotho, Namibiё, Angola, Zambiё, Seychelles, Mauritius, Botswana, Mosambiek en Suid-Afrika. 

Marlie Viljoen, ons onderhoofmeisie, het ʼn eerste plek behaal in die 400m finaal met ʼn tyd van 54.92 sekondes en was ook deel van die 4X400m finaal van die meisies o/20 wat ʼn eerste plek losgehardloop het.

Michael Schoeman (graad 11) wen die 110m hekkies vir seuns o/18 in 13.67 sekondes en is ook deel van die 4x100m aflos wat ʼn nuwe rekord opstel met ʼn tyd van 39.33 sekondes.

Lohan Potgieter (graad 11) wen die Gewigstoot vir seuns o/18 met ʼn afstand van 18.75 meter en Lyndi Roelofse (graad11) behaal ʼn derde plek in die meisies o/18 3000meter in ʼn tyd van 9.57.06.

Om aan die einde van so ʼn suksesvolle seisoen die spykerskoene op te hang, is ʼn groot voorreg en al hierdie atlete verdien ʼn ruskans na die harde werk van die seisoen.

Aanlynregistrasie

Die aanlynregistrasieproses open op Maandag, 16 April 2018 om 08:00. Let wel dat elke voornemende leerder by 5 skole kan registreer.

 

1. Gaan na http://www.gdeadmissions.gov.za. 

2. Stap 1: Voer die ouerinligting noukeurig in. Dit sluit ‘n paar sekuriteitsvrae in, asook die kies van ‘n gebruikersnaam (username) en kodewoord (password). Vergewis uself van die terme en voorwaardes en klik die “Terms and conditions”-blokkie. Hierna klik u op “Submit”. Indien  hierdie stap volledig voltooi is, sal die blokkie groen word en u sal na die volgende gedeelte van die aansoek beweeg. Bewaar u gebruikersnaam en kodewoord vir toekomstige aanlynnavrae oor u leerder se registrasie (u sal dit benodig vir login).

3. Stap 2: Voltooi vervolgens die leerderinligting en klik op “Submit”, sodat hierdie blok ook groen vertoon en u lei na die volgende stap.

4. Stap 3: Aansoek (“Application”): Ouers kan aansoek doen by ‘n spesifieke skool op grond van huisadres, werksadres, broer of suster in die skool (slegs graad 8 tot 11) of vorige skool. Die opsie van “Skool van keuse”, sal ook beskikbaar wees, indien u nie kwalifiseer op grond van enige van die genoemde kriteria nie. U sal op die B-waglys geplaas word by die skool van u keuse. Dit is raadsaam om indien u van die skool se koshuisfasiliteit gebruik wil maak, u ‘n koshuisaansoek saam met u aansoek indien. Die Hoërskool Menlopark se koshuis verskyn nie op die keuselys nie, maar koshuisverblyf word deur die skool self behartig.

Gebruik altyd die naaste moontlike adres aan die skool, tydens die aansoekproses.

5. Wanneer u op “Apply” klik, sal u ‘n registrasie bevestigingsnommer ontvang wat as bewys dien dat u wel aansoek gedoen het. 

6. Indien u op ‘n WA-waglys geplaas word by ‘n ander skool, doen weer aansoek (“Apply again”), en gebruik “Skool van keuse” om ‘n waglysnommer vir Menlopark te bekom. 

Die WA-nommer dui aan dat u volgens die kriteria van die departement kwalifiseer vir daardie spesifieke skool.

Die WB-nommer dui aan dat u “Skool van keuse” gekies het, en toegelaat sal word op grond van beskikbaarheid.

Die WAB-nommer dui aan dat die stelsel nie u adres kon opspoor nie - die skool sal u adres verifieer.

7. U sal ‘n SMS ontvang van die Departement van Onderwys wat u aansoek bevestig. 

8. Ons sal u op hoogte hou van die verloop van die proses.

 

Menlo-Insig (nuusbrief)

Registreer hier vir die nuusbrief (Menlo-Insig) of loer na ‘n vorige nuusbrief onder argief.

Ouers ontvang die nuusbrief outomaties

Kliek hier

Skoolkommunikeerder

Vir Blackberry, iPhone, iPad en Adroid kan hier afgelaai word

 Vind: Die Hoërskool Menlopark

 

Algemene inligting

MENLO-WERKPLAN

Elke leerling ontvang aan die begin van die jaar 'n Menlo-dagboek (WERKPLAN) met alle inligting en die Menlo-jaarplan.

SKOOLTYE

Die Hoërskool Menlopark se dag begin stiptelik om 07:30

Ons skool sluit Maandag tot Donderdae 14:00 en Vrydae 13:20.

SKOOLDRAG

Skooldrag (somersdrag) en uitgaandrag is nodig vanaf Januarie.
Skooldrag beskikbaar by die Constantia Uitrusters  en by die Klerebank.

KLEREBANK

Klere uit ons klerebank is tweedehands. Per afspraak. Kontak me. Lize Preston via die Menlo-ontvangs (012-361 7738/ Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

KLEREWINKEL

Die Menlo-klerewinkel verskaf sportdrag en sweetpakke.

Klerewinkeltye:

Januarie 2018 tot September 2018:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:        13:30 - 14:30

Woensdae en Vrydae:                         07:00 - 08:00

Oktober 2018 tot Desember 2018:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:        13:45 - 14:15

Woensdae en Vrydae:                        07:15 - 07:45

Navrae en afsprake (vir ouers van buite Pretoria): 9 Januarie 2087

Tinus Vermaak (Tel:0823226081)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

www.sportsupplies.co.za

HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES

  • Addisionele kostes vir handboeke word beperk tot gr.10-12  – meeste handboekgelde is ingesluit by skoolgeld en word deur die skool voorsien. Enkele vakke in gr. 10 -12 vereis die aankoop van toerusting of 'n handboek – dit word via die vakonderwyser geadministreer.
  • Geen amptelike skryfbehoeftelys nie - basiese skryfbehoefes in pennesakkie word benodig: blou pen, potlood, uitveer, skêr, gom ens.
  • Die meeste leerareas (gr. 8-9) vereis 'n “Flat File” (lêer met pennetjies en deursigtige buiteblad). Hou in gedagte dat enkele onderwysers dalk kan vra vir 'n spesifieke kleur vir 'n spesifieke klas, bv. in Engels is 8A die rooi klas.

VERVOER

Munisipale busroetes: 012 – 358 0221/3/4 en loer gerus op die webblad vir privaat georganiseerde vervoergeleenthede.

NASKOOLFASILITEIT

Menlo-Naskoolfasiliteit: Die Mediasentrum is elke middag van die week oop (behalwe Vrydae) tot 16:00 met toesig vir leerders wat wil werk. 

INDELING VAN SPANNE VIR INTERHUIS

Atheners:  vanne wat begin met V,G,O,W,U
Milete:  vanne wat begin met D,P,C,R,F,I, N
Spartane:  vanne wat begin met S,M,H,T,A
Trojane:  vanne wat begin met  B,L,K,J,E,Z,Y,Q,X

Busroetes en vervoer

Bussies (privaat georganiseer)

Moot- en Montana- shuttle - Linda Pretorius: 078 4711976

Saamryklub daagliks vanaf Kemptonpark na Die Hoërskool Menlopark: Riaan vd Merwe (074 04 35 249)

 

Munisipale busse

Busroetenommer:  012-3580221/3/4

Volledige(r) inligting in die verband is hier beskikbaar.

Skooldrag

Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die amptelike leweransiers, Constantia Uitrusters (Thomas Edisonstraat, Menlopark), aan te koop. Dit bring eenvormigheid mee wat absoluut noodsaaklik is. Ouers sal vind dat, kwaliteit in ag geneem, die beste waarde by die leweransiers verkry word.

Die skool het ook 'n klerebank waar tweedehandse klere per afspraak gekoop kan word.

Meeste sportklere en die sweetpak is beskikbaar by die Absolut Klerewinkel op die terrein. 

Aflaaibaar: Skooldrag van 'n Parkie

 

 

Algemene InligtingFasiliteite
Menlo-inni-nuusMenlo-momente
Menlo-hartklopEggo-skoolkoerant

 

Leierskap-Nuus