Menlo wen die Superskool-kompetisie!

Dit was ʼn heerlike avontuur om die Menlo-dubbeldoorspan naamlik, Chris-Jasper Jooste, Jan-Harm van Helsdingen en Nine-Mari van Veijeren dop te hou in die Superskool-kompetisie op die kassie. Hulle moes met elke rondte, onder groot spanning, hulle beste lewer om die ander spanne in interessante uitdagings aan te vat en te probeer uitoorlê. Baie geluk aan hierdie superspan wat gesorg het dat Die Hoërskool Menlopark gekroon is as die Superskool-wenners - ons is supertrots op elkeen van julle. Menlopark het in die finaal teen Hoër Meisieskool Bloemhof geseëvier. Baie dankie ook aan me. Yolanda Swanepoel wat hierdie span begelei en vergesel het.

Benewens die supertitel, het die slimkoppe ʼn aansienlik kontantprys vir die skool losgeslaan, vier eksemplare van die nuwe Afrikaanse Woordelys en Spelreëls, ’n Pharos-woordeboekstel en Via Afrika-handboeke ter waarde van R30 000!

 

Menlo-netbal beste in SA in 2017!

Klik hier om spogberig te lees

Menlo-rugby is vir seker die beste!

Klik hier om spogberig te lees

Menlo-Insig (nuusbrief)

Registreer hier vir die nuusbrief (Menlo-Insig) of loer na ‘n vorige nuusbrief onder argief.

Ouers ontvang die nuusbrief outomaties

Kliek hier

Skoolkommunikeerder

Vir Blackberry, iPhone, iPad en Adroid kan hier afgelaai word

 Vind: Die Hoërskool Menlopark

 

Algemene inligting

MENLO-WERKPLAN

Elke leerling ontvang aan die begin van die jaar 'n Menlo-dagboek (WERKPLAN) met alle inligting en die Menlo-jaarplan.

SKOOLTYE

Die Hoërskool Menlopark se dag begin stiptelik om 07:30

Ons skool sluit Maandag tot Donderdae 14:00 en Vrydae 13:20.

SKOOLDRAG

Skooldrag (somersdrag) en uitgaandrag is nodig vanaf Januarie.
Skooldrag beskikbaar by die Constantia Uitrusters  en by die Klerebank.

KLEREBANK

Klere uit ons klerebank is tweedehands. Per afspraak. Kontak me. Lize Preston via die Menlo-ontvangs (012-361 7738/ Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.)

KLEREWINKEL

Die Menlo-klerewinkel verskaf sportdrag en sweetpakke.

Klerewinkeltye:

Januarie 2017 tot September 2017:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:        13:30 - 14:30

Woensdae en Vrydae:                         07:00 - 08:00

Oktober 2017 tot 9 Desember 2017:

Maandae, Dinsdae en Donderdae:        13:45 - 14:15

Woensdae en Vrydae:                        07:15 - 07:45

Navrae en afsprake (vir ouers van buite Pretoria): 9 Januarie 2017

Tinus Vermaak (Tel:0823226081)

Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

www.sportsupplies.co.za

HANDBOEKE EN SKRYFBEHOEFTES

  • Addisionele kostes vir handboeke word beperk tot gr.10-12  – meeste handboekgelde is ingesluit by skoolgeld en word deur die skool voorsien. Enkele vakke in gr. 10 -12 vereis die aankoop van toerusting of 'n handboek – dit word via die vakonderwyser geadministreer.
  • Geen amptelike skryfbehoeftelys nie - basiese skryfbehoefes in pennesakkie word benodig: blou pen, potlood, uitveer, skêr, gom ens.
  • Die meeste leerareas (gr. 8-9) vereis 'n “Flat File” (lêer met pennetjies en deursigtige buiteblad). Hou in gedagte dat enkele onderwysers dalk kan vra vir 'n spesifieke kleur vir 'n spesifieke klas, bv. in Engels is 8A die rooi klas.

VERVOER

Munisipale busroetes: 012 – 358 0221/3/4 en loer gerus op die webblad vir privaat georganiseerde vervoergeleenthede.

NASKOOLFASILITEIT

Menlo-Naskoolfasiliteit: Die Mediasentrum is elke middag van die week oop (behalwe Vrydae) tot 16:00 met toesig vir leerders wat wil werk. Kospakkies kan met 'n etekaartjie vanaf die koshuis by die Menlo-ontvangs bestel word. Kontak gerus Me. Nina Venter, Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees., by die Menlo-Ontvangs vir meer inligting.

INDELING VAN SPANNE VIR INTERHUIS

Atheners:  vanne wat begin met V,G,O,W,U
Milete:  vanne wat begin met D,P,C,R,F,I, N
Spartane:  vanne wat begin met S,M,H,T,A
Trojane:  vanne wat begin met  B,L,K,J,E,Z,Y,Q,X

Busroetes en vervoer

Bussies (privaat georganiseer)

Moot- en Montana- shuttle - Linda Pretorius: 078 4711976

Saamryklub daagliks vanaf Kemptonpark na Die Hoërskool Menlopark: Riaan vd Merwe (074 04 35 249)

 

Munisipale busse

Busroetenommer:  012-3580221/3/4

Volledige(r) inligting in die verband is hier beskikbaar.

Skooldrag

Ouers word versoek om die voorgeskrewe skooldrag by die amptelike leweransiers, Constantia Uitrusters (Thomas Edisonstraat, Menlopark), aan te koop. Dit bring eenvormigheid mee wat absoluut noodsaaklik is. Ouers sal vind dat, kwaliteit in ag geneem, die beste waarde by die leweransiers verkry word.

Die skool het ook 'n klerebank waar tweedehandse klere per afspraak gekoop kan word.

Meeste sportklere en die sweetpak is beskikbaar by die Absolut Klerewinkel op die terrein. 

Aflaaibaar: Skooldrag van 'n Parkie

 

Skoolgelde

Skoolgeld word jaarliks in November voorgestel en deur ons ouers goedgekeur. 

Skoolgeld vir 2017:

Eerste bedrag skoolgeld (elke leerder in gr. 8-12)  van R1 500 is by registrasie betaalbaar.

Eerste kind:  R32 900 (minus eerste betaling van R1 500 betaalbaar by registrasie)

Verdere kinders:  R31 800 elk

BETALING VAN SKOOLGELD:

Die balans kan soos volg betaal word:

  • Volledige vereffening van skoolgeld voor einde Februarie 2017 verdien korting van R 1200.
  • Tien gelyke maandelikse kontant- of internetbetalings vanaf einde Januarie 2017:
  • Tien gelyke maandelikse debietorder paaiemente vanaf 1 Maart 2017. Slegs ‘n lopende rekening in u naam: vul opnuut ‘n bankvorm in – verkrygbaar by die skool.
  • Indien ‘n ouer se persoonlike omstandighede ‘n ander reëling sou verlang kan so ‘n reëling spesifiek met die finansies kantoorpersoneel gereël word.

Ingesluit by skoolgeld is:

  • Handboeke en 'n eerste stel skrifte;
  • Werkplan en skoolkoerante;
  • Busvervoer na amptelike byeenkomste in Pretoria;
  • Ledegeld by sportakademies;
  • Bystand tot musiek as vak;
  • Alle kostes van die Rekenaarsentrum;

Uitgesluit by skoolgeld:

  • Individuele afrigting by sporte;
  • Menlo-Musiekakademie (buitemuurs)

Koshuisgeld vir 2017:

Die totale bedrag is R36 650 + R2 000 registrasiegeld. Die registrasiegeld van R 2 000 is voor 30 Oktober 2016 betaalbaar. Die restant van R31 600 is vanaf Januarie 2017 vooruitbetaalbaar soos per ooreenkoms.

 

 

Algemene InligtingFasiliteite
Menlo-inni-nuusMenlo-momente
Menlo-hartklopEggo-skoolkoerant

 

Leierskap-Nuus