Noordvaal-wenners 2011

DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Sport


Hokkie

Die Hoërskool Menlopark is alom bekend vir onder andere Menlo-dogters se puik prestasies op die hokkieveld en nasionaal bekend as ‘n top hokkieskool. Die maksimale ontwikkeling van potensiaal deur gespesialiseerde sportontwikkelingsprogramme en professionele afrigting deur bekwame en gekwalifiseerde afrigters tesame met ‘n onblusbare spangees, is die boustene van Menlo-Hokkie se nasionale sukses.

Afrigters:
 
  • Shaun Hulley – Direkteur van hokkie, Noord-Gauteng O/18-afrigter, vlak 2-afrigtingsertifikaat
  • Marcel van Wyk – Noord-Gautengspeler en Noord-Gauteng-keurder
  • Annelize Rostron - Internasionale Skeidsregter, Noordwes o/16-afrigter
  • Carli van Wyk – Provinsiale speler, Northerns o/16-afrigter, SA o/16-hulpafrigter
  • David Tippett – Noord-Gauteng O/18-seunsbestuurder
  • Dauw Briedenhann – Fiksheidskonsultant vir Menlo-dogters en -seuns
  • Inke van Wyk – Spesialis doelwagter-afrigter
  • Sheldon Rostron - SA Dames doelwagter-afrigter
  • Minetta Hofmeyr - Seunsorganiseerder
 
Afrigting sluit spesialisering in fiksheid, voorbereiding, rehabilitasie en opwarmingsmetodes in ‘n toegeruste gimnasium, onder toesig van gekwalifiseerde kundiges, in.
 
Fasiliteite
 
  • Astro
  • Mini-Astro 
  • A – veld (Astro-kwaliteit)
  • Nuwe klubhuis en administratiewe kantore
  • Afrigtingsapparate
  • Topkwaliteit spreiligte op die Astro
  • Ouditorium vir besprekings en ontledings van wedstryde
  • Gimnasium
 
 
Prestasies
 
Individueel – internasionaal
 
  • Heleen Maas: 1995 – SA 0/18 en seniorspan
  • Zanelle Burger: 1998 – die jongste speler nog wat SA verteenwoordig in die seniorspan
  • Elfriede Maas: 1999 – SA 0/18
  • EricaCombrink: 2003 – SA 0/18- en 0/21-span
  • Maricel Meyer: 2003 – SA 0/18B
  • Daleen Boonzaaier: 2004 – SA 0/18-skolekaptein
  • Rose Griessel: 2005 – SA 0/17, 2006 SA 0/18, 2007 SA 0/18 en 0/21-oefengroep
  • Omari Pienaar: 2007 – SA 0/16-oefengroep
  • Janus de Beer: 2007 – SA Ontwikkelingspan
  • Omari Pienaar: 2008 – SA O/17
  • Omari Pienaar: 2009 – Nie-reisende reserwe vir SA O/18
  • Charné van Biljon: 2009 – SA O/17 span
  • 29 spelers speel vir SA-skolespanne sedert 1981
  • 3 spelers verteenwoordig SA- skolespan in 2003 en 2007
  • Charné van Biljon deel van 2013 Wêreldbeker-oefengroep
 
Gauteng-Noord en Skole
 
  • Meer as 430 spelers verwerf provinsiale kleure sedert 1981
  • Die kapteine van die 0/18A- en B-spanne is Parkies in 2004 en 2011
  • 40 spelers verwerf provinsiale kleure in 2009
  • Omari Pienaar en Nadia Cronje: 2008 Gauteng-Noord o/21-span
  • Omari Pienaar, Rashelle Rousseau en Charmé van Tonder: 2009 Gauteng-Noord o/21-span
  • Sarah Nieuwoudt word gekies vir Noord-Gauteng o/21-span in 2011
  • 6 seuns verwerf provinsiale kleure in 2011
  • 46 provinsiale seuns en dogters in 2011
  • Menlo is Noord-Gauteng se top hokkieskool in 2008, 2009, 2010 en 2011
  • Menlo verower 3 uit 4 Stadsbeker-trofeë in 2011
  • Menlo verower 2 uit 4 Noordvaal-trofeë in 2011