Gholf, as ‘n volwaardig erkende skolesport, word hoofsaaklik gedurende die derde kwartaal by Die Hoërskool Menlopark gespeel.
Ons is deel van die Gauteng-Noord-skoleliga.
Die afgelope aantal jare speel nagenoeg ses van ons spanne in die liga. Die eerste en tweede span speel in die A-liga (voorgee 0-12) en twee spanne in die B-liga (voorgee 12-18).
Daar is ook ligawedstryde vir beginners. Graad 8’s speel in die ontwikkelingsliga en Die Hoërskool Menlopark het selfs die afgelope jare ‘n dogterspan of twee ook in die liga gehad.
Ligaspanne word suiwer op grond van voorgee gekies.
Die Hoërskool Menlopark het reeds talle provinsiale spelers opgelewer. Die skool beloon presteerders op gholfgebied met die toekenning van kleure en erekleure.
Ons is trots op Christoff Els wat in 2011 nasionale kleure vir skolegholf verwerf het.
Menlo-Gholf bied aan elke gholfspeler by Die Hoërskool Menlopark ‘n goed georganiseerde en kompeterende gholfervaring.
