DIE HOËRSKOOL MENLOPARK

Sport


Geassosieerde Sportsoorte

Menlo-fietsry

Die Menlo-fietsryklub is gedurende 2001 as ‘n sportklub aan Die Hoërskool Menlopark gestig. Die klub stel hom ten doel om deelname aan fietsry deur almal met belangstelling in die sport aan te moedig. Alhoewel die klub alle vorme van fietsry ondersteun, soos padfiets, baanfiets, “downhill” en “cross-country”, is die belangstelling in bergfietsry die hoogste en het die meeste aktiwiteite gedurende die jare hierop gekonsentreer.
 
·        Die klub is ‘n skoolklub, lidmaatskap is gratis en lede mag aan enige ander privaat fietsryklub behoort.
·        Daar word ook gereël dat leerders saam met privaatklubs op oefenritte uitgaan. Deur die loop van die  jaar is daar ook suksesvolle opleidingsessies vir veral onervare ryers. 
·        Die Hoërskool Menlopark spog ook met ‘n aantal leerders wat nasionale kleure in dié sport verwerf het en Suid-Afrika op internasionale vlak verteenwoordig het.
 
Die Menlo-fietsryklub het die Menlopark-interskole-bergfietskompetisie in 2001 geïnisieer. In 2009 het die kompetisie so ver uitgekring dat die kompetisie uit drie byeenkomste bestaan het, met ‘n deelname van 225 ryers uit 56 skole van regoor Gauteng, Mpumalanga, Noordwes en Limpopo.
 
In 2010 en 2011 is die reeks uitgebrei. Die reeks bereik 'n hoogtepunt gedurende 2011 met die eerste nasionale skolekompetisie waar Menlopark onder andere Gauteng-Noord verteenwoordig het.
 
Menlo-leerders kan vir die skoleliga voorberei deur gratis "spinning"-klasse by te woon in die skool se gimnasium, ten einde voor te berei vir naweek-kompetisies en die latere derdekwartaal-skolekompetisie.
 
Die Hoërskool Menlopark gee ten volle erkenning aan leerders vir prestasies behaal in fietsry en leerders kan ook kleure en erekleure in dié sport verwerf.