Blou is die wolke… Blou is die maan… Blou die teater waarin ek staan!
As Hoërskool Menlopark se talentvolle akteurs gedink het dat dit pret gaan wees om ‘n eie jeugteater op hulle skoolterrein te hê, het Die Blou Teater hul stoutste verwagtinge oortref. Jip! Die planke van Die Blou Teater se verhoog kreun behoorlik soos die leerders van Die Hoërskool Menlopark smiddae gereedmaak om gehore te betower met toneelspel uit die boonste rakke. Hier, op die planke van Die Blou Teater se verhoog, kan leerders van alle ouderdomme deel wees van pret- produksies en hul passie vir die uitvoerende kunste op gereelde basis uitleef .
Vir die wat gedink het dat drama vervelig is , dink weer! Tans is byna 200 leerders van skole regoor Pretoria deel van Menlo Drama Akademie. Die rede is eenvoudig: Die vibe is onweerstaanbaar en die produksies van hoogstaande gehalte. Die tekste wat vir opvoerings gekies word is meestal skreeusnaakse komedies, en sedert Die Blou Teater in 2004 sy deure oopgemaak het, is ‘n byna meer as 100 vertonings reeds op die planke gebring.
Toneelspel, karakterisering, speltegniek en spraak- ontwikkelling is egter nie die enigste vaardighede wat die leerders van Menlo Drama Akademie bemeester as hulle hier in Die Blou Teater optree nie. Gevegskuns, verhoogbestuur en grimeerkuns word ook aangeleer. Daar word jaarliks drama-werkswinkels aangebied waar leerders ook die die voorreg geniet om celebrities te ontmoet. Gys de Villiers, Paul Slaboleszy en Elma Postma is net ‘n paar gesoute akteurs wat al hul gesigte gewys het in Die Blou Teater.
Aan die stuur van hierdie jeugteater is daar egter ongelooflike onderwysers wat met passie hul taak aandurf. Elmi Labuschagne (voorheen hoof van die Drama by die school for Arts) is hoof van Menlo Drama-Akademie. Haar liefde vir tieners en die teater word op ‘n kreatiewe wyse gekombineer om aan aspirant- akteurs ongelooflike geleenthede te bied. Sy skryf meeste van die komedies wat opgevoer word self, en tree ook van tyd tot tyd self op in professionele verhoogproduksies. Dan is Juf Su-An Müller die ander dinamiese drama-is-‘n fees-Juffrou wat haar passie vir drama deel met elke Blou Teater-entoesias.
Asof plaaslike optredes in Die Blou Teater nie genoeg is,toer leerders van die Menlo Drama-Akademie van tyd tot tyd ook oorsee. Oxford, Cambridge, Strattford- on – Avon en die besige strate van West End in Londen is maar net ‘n paar plekke wat dramaleerders al besoek het. Een van die hoogtepunte van die toer is die optrede by die Britse Museum. Die akteurs van Die Blou Teater sal die ongelooflike voorreg geniet om voor bykans vyftien duisend toeriste wat daagliks die Britse Museum besoek, op te tree.
Menlo Drama-Akademie, met sy ongelooflike Blou Teater, bied aan jongmense met ‘n liefde vir drama die geleentheid om op prettige wyse hul selfvertroue, kommunikasievaardighede en talente te ontwikkel.
ATKV-Tienertoneel
Terwyl meeste Parkies nog reflekteer en verteer op en aan die Junie-eksamen wat verby is, is 'n klompie Parkies se gedagtes hoeka al weer op die volgende kulturele hoogtepunt gefokus: ATKV-Tienertoneel.
Menlopark het hierdie jaar DRIE tonele ingeskryf wat afgerig word deur juffrou Ursula Foster en juffrou Su-an Müller. Die drie tonele is Alkoholiste Anoniem (deur P.A. Viviers), Sak en As (deur U. Foster) en Ontrafel (deur U. Foster). Ongeveer 20 leerders is betrokke in hoedanighede wat wissel van Klank-en beligtingoperateurs tot Akteurs en verhoogbestuurders. Ons hou hulle vordering graag dop en wens hulle sterkte toe met die repetisies wat voorlê - tjoekoes!
Drama-Eisteddfod skitter!
Die uitslae én die hoeveelheid inskrywings vir die Drama-afdeling van Pretoria Eisteddfod hierdie jaar is die meeste en beste nóg! Vanaf begin Mei het Parkies deelgeneem en uitgeblink in byna al die kategorieë – van samespraak en gedramatiseerde prosa tot onvoorbereide bladlees en komiese monoloë.
Uiteindelik spog ons met 3 B-simbole, 6 B+-simbole, 17 A-simbole, 10 A+-simbole, 9 A++-simbole en 5 kategoriewenners!
Baie geluk aan ieder en elk! Absolut-DRAMA!
- Belinda Lewis A++, A++(kategoriewenner), A, A++(kategoriewenner), A++(kategoriewenner), A++, A+, A+
- Nerinda Bezuidenhout A, A+, A++(kategoriewenner), A++(kategoriewnner)
- Cara Jacobs A++ , A, A+
- Marlise Kroucamp A
- Irone Botha A, A+
- Antoinette v Wyk A
- Danielle v Rooyen A
- Carmen de Beer A+
- Erika Buhrman A+
- Nadia Venter A
- Anja Pretorius A
- JAneske vd Merwe A
- Elize Soer B+
- Cathrine du Toit B+
- Marthie vd Merwe A
- Idone Visser A+
- Linda Mennega A+, A++
- Nolene Oosthuizen B+, A+, A+
- Gabrielle Forssman B+, A, A
- Cinelle Swiegers A
- Jana Jv Rensburg B, A, A
- Elzahn vd Merwe B+
- Lindi vd Merwe A+, A, A
- Anelma Meiring B, A
- Monet Rippel B, A
- Johane Jooste B+
- Charne Froneman A
- Anja Jerling A, A
- Beate Louw A
- Gerald v Eeden A
- Elli Bisset A
- Carmi Prinsloo A
- Carina Behr A
- Mariette v Schalkwyk A
ATKV-Tienertoneel 2011
Menlo-Drama het hierdie jaar met DRIE tonele gespog by die Noord-Gauteng uitdunne van die ATKV-Tienertoneel wat plaasgevind het van 22-27 Augustus 2011, en weggestap met VIER silwer en DRIE brons toekennings. Ontrafel asook Sak-en-As is nuwe tekste geskryf en geregiseer deur die gedugte Drama-akademie span: me Ursula Forster en me Elmi Labuschagne. Alkoholiste Anoniem (deur P.A. Viviers) is ‘n tragie-komedie, maar onder leiding van juffrou Su-an Müller was dit moeilik om enigsens ‘n tragiese toneel te skep tussen dié klomp lawwe, uiters aktiewe regterbreine (juffrou Müller ingesluit)!
Vanselfsprekend is die toekennings en die ongelooflike ervaring wat elke deelnemer opgedoen het in ‘n professionele milieu soos die UNISA Kleinteater maar net die punt van die toneel-ysberg: akteurs het reeds aan die begin van die jaar begin woorde leer, kostuums regkry, karakters inoefen en repeteer dat die Blou Teater se biesies bewe! Die lewenservaring, vriendskappe en “bloopers” wat daarmee gepaard gegaan het, maak dit egter uiteindelik meer as die moeite werd!
Moet ook nie vergeet van die harde werk wat ingaan ágter die gordyne nie – sonder die beligtingspan, klankoperateurs, dekorassistente en verhoogbestuur sou geen akteur tot sy volle reg kom op die verhoog nie.
Bowenal bied hierdie kopmpetisie vir Jan alleman die kans om vir slegs R10 ‘n volle aand se spogtonele te aanskou en weggesleur te word na wêrelde wat slegs in ‘n teater kán bestaan. En as jy dit nie heeltemal verstaan nie, maar jy voel aangeraak, het die toneel sy doel met jou bereik, want:
“The job of the artist is always to deepen the mystery.
Francis Bacon
Francis Bacon
ONTRAFEL
Deelnemers:
Gerald van Eeden
Elli Bisset
Elzahn van der Merwe (Ontvang ‘n Brons toekenning vir rolspel)
Beate Louw
Michelle Hamman
Tegniese span: Belinda Lewis, Janeske vd Merwe en die akteurspan van “Sak en As”)
SAK EN AS
Deelnemers:
Nolene Oosthuisen (Ontvang ‘n Brons toekenning vir rolspel)
Gabrielle Forssman (Ontvang ‘n Silwer toekenning vir rolspel)
Anja Jerling
Jana jv Rensburg
Lindi vd Merwe
Tegniese span: Belinda Lewis, Janeske vd Merwe en die akteurskorps van “Ontrafel”)
ALKOHOLISTE ANONIEM
Deelnemers:
Tshepi seakamela
Anelma Meiring (Ontvang ‘n Silwer toekenning vir merkwaardige prestasie)
Anja Pretorius
SurE Barnard (Ontvang ‘n Silwer toekenning vir rolspel)
Nolene Oosthuizen (Ontvang ‘n Silwer toekenning vir rolspel)
Juf Su-an Müller (Ontvang ‘n Silwer toekenning vir regie)
Tegniese span: Nerinda Bezuidnhout, Bernard Gunter, Armand Buys, De Wet Terblanche
