Menlo wen Jakaranda Interhoër vir 'n 10de jaar in-'n-ry!
ABSOLUT DEKADE!
Die Hoërskool Menlopark is ’n atletiekreus wat geen bekendstelling nodig het nie. Menlo-Atletiek se sukses lê in die organisasie en bestuur van een van die mees toegewyde en bekwame atletiekkundiges in Suid-Afrika, mnr. Nico Erasmus. Onder sy bekwame bestuur gaan Menlo-atletiek van krag tot krag. Hier is harde werk en die ontwikkeling van elke atleet die boustene van sukses. Motivering, saamwerk, saamgroei en saamdroom maak dat die atletiekspan van Die Hoërskool Menlopark betower word met spangees en toewyding. Die Hoërskool Menlopark se atletiekspan leef ook die waardes van die skool na: integriteit, lojaliteit, respek en ywer.
Fasiliteite
Die Hoërskool Menlopark spog met ‘n atletiekstadion wat op skolevlak geen gelyke in Pretoria of selfs Suid-Afrika het nie. Met plek vir meer as 6000 toeskouers en van die vinnigste grasbane (wat jaarliks met groot kundigheid versorg word), sintetiese oppervlaktes vir die sprongitems en uitstekende vloedligte, sal daar baie lank en hard gesoek moet word na nog 'n skolestadion met dieselfde atmosfeer wat terselfdertyd gekomplimenteer word deur van die beste skole-atletiek in die land.
Hoogtepunte
Behalwe vir die feit dat atletiek en Die Hoërskool Menlopark sinoniem met mekaar is en verskeie Springbokke en Junior Springbokke sedert die sewentigerjare opgelewer is, kry die skool dit steeds reg om deur wetenskaplike afrigting atlete van gehalte te
lewer:
Internasionaal
Die atletiekkorps van Die Hoërskool Menlopark lewer al vir etlike aantal jare atlete op wat nasionale kleure verdien:
- 2003
Tihanna Vorster
- 2004
Nanet Grobbelaar
- 2005
Mariska van Driel
Eugenie Wicksell
Ursula Fourie
- 2008
Kobus Moolman
- 2009
Tania Ras
Rikenette Steenkamp
Kobus Moolman
Nasionaal
‘n Groot aantal medaljes word jaarliks by die USSASA en ASA SA-Kampioenskappe ingeoes:
- 2003
15 medaljes – 8 goud
- 2004
16 medaljes – 10 goud
- 2005
19 medaljes – 9 goud
- 2006
27 medaljes – 10 goud
- 2007
10 medaljes – 5 goud
- 2008
11 medaljes – 6 goud
- 2009
21 medaljes – 9 goud
Provinsiaal
By die AGN en GISSA Provinsiale Kampioenskappe is Menlopark ook sterk in die kollig:
- 2003
35 medaljes – 15 goud
- 2004
26 medaljes – 15 goud
- 2005
23 medaljes – 16 goud
- 2006
10 medaljes – 3 goud
- 2007
15 medaljes – 8 goud
- 2008
16 medaljes – 7 goud
- 2009
26 medaljes – 11 goud
Deelname
In plaaslike skolekompetisies neem Die Hoërskool Menlopark aan die volgende byeenkomste deel en het alreeds die volgende prestasies bereik:
Vriendskaplik
Vir die afgelope 6 jaar kraai Die Hoërskool Menlopark se seuns en dogters in 27 uit 32 vriendskaplike byeenkomste koning.
Jaarlikse Uitnodigingsbyeenkoms (landswyd)
Menlopark wen hierdie byeenkoms 20 keer in die 23-jarige bestaan van die gesogte landswye byeenkoms, waar daar jaarliks agt topskole meeding.
Top 10 en Top 12
By die ABSA Top 10, Naboom Top 10 en TUT Top 12 eindig ons topatlete elke jaar onder die top 3 skole.
Jakaranda Prestige interhoër
In die 11-jarige bestaan van die interhoër wen Menlopark die spankompetisie:
- 10 keer, dogterskompetisie
- 12 keer, seunskompetisie
- 7 keer, aflosbeker
- 11 keer , algeheel.
Merkwaardig!
Afrigters 2012
Hoogs gespesialiseerde en gemotiveerde afrigters (waarvan feitlik almal verbonde is aan die skool) is verantwoordelik vir die skool se sterk atletiekspan.
- Naellope: Anneri Marx
- Aflosse: Johan Coetzee, Hanno Roux en Riana Raath
- Hekkies: Hanno Roux en Riana Raath
- Middelafstande: Renette de Klerk en Ilse Wicksell
- Hoogspring: Charmaine Gale, Elaine Lawless en Franci Roberts
- Verspring en driesprong: Elaine Lawless en Christine Blignaut
- Spiesgooi: Jan Vorster en Everhard Ferreira
- Diskus: Wouter Burger, Chris van Blerk en Nico Erasmus
- Gewigstoot: Chantelle du Plooy-Griessel, Martin Prinsloo en De Wet du Buson
Ons is trots op afrigters soos me. Ilse Wicksell wat SA-kampioene afgerig het, mnr. Hanno Roux wat verskeie SA-skolekampioene afgerig het in sy ryke loopbaan as afrigter en mnr. Jan Vorster - ‘n bewese spiesgooi-afrigter.