Akademie is by Die Hoërskool Menlopark `n absolute prioriteit. Die aanstelling van goed gekwalifiseerde personeel word met groot erns bejeën. Die balans tussen ervare en dinamiese jong personeel word gehandhaaf. Die Hoërskool Menlopark plaas sy fokus op akademiese gebied in besonder op die indril van basiese vaardighede (lees-, skryf- en syfer-vaardigheid) en bereik, deur middel van kontinue akademiese verryking en die mees moderne onderrigtegnieke, die hoogste prestasies:
- ‘n 100%-slaagsyfer
- Top 10 provinsiale presteerders
- Jaarliks een van die Top 3 akademiese skole in Gauteng (in die groep skole met meer as 200 gr 12’s)
- Menlo-Wetenskap: nasionale ekspo-sterre.
- Menlo-Wiskunde: lid van die elite Klub100.
- Menlo-Afrikaans-Olimpiade & Afrikaans-Ekspo: nasionale wenners
- English Olympiad: Top 10 nasionale presteerders
- Nasionale top uitruilskool met FSA-uitruil na Duitsland (reeds afgelope 5 jaar)
- Verryking in elke vak wat ononderhandelbaar is en ‘n Verrykingsakademie
- Engels huistaalonderrig vanaf graad 8
- Die Leeslaboratorium (verpligte gr 8- en gr 9-leesprogram ingebou in die rooster)
- Die Taallaboratorium met 40 oorfone en luisterstasies
- Elke klaskamer is toegerus met dataprojektors en interaktiewe witborde
- Internet-toegang in elke klas
- 4 IT-sentrums en ‘n restaurant met weeklikse restaurantaande.
- Jaarlikse Duitse uitruilprogramme en Franse toere elke tweede jaar.
- 5 Verrykingsvakke vir gr 8 (EEN word gekies): Duits, Frans, Musiek, Entrepreneuriese Wetenskappe en Sportkunde (met spesialisering in netbal, hokkie, rugby of krieket).
- Die leerders in Die Hoërskool Menlopark is geregtig op individuele aandag.
- Klasgroottes word dus beperk tot maksimum van ongeveer 33 leerders (juniors), hoewel die meeste senior klasse aan die orde van 25 leerders elk is.
- Klasgroottes word wel deur keusevakke beïnvloed.
- Die personeel is ook daartoe verbind om sover moontlik eksta klasse aan te bied waar leerders dit nodig het.
